24.07.2008
STUDIO 77
• ’n Fotografiese reis van Namibiese voëls, op film vasgevang deur Pompie Burger, word van 21 tot 31 Julie uitgestal.*
• As deel van die Why Democracy? dokumentêre reeks, word ’n verskeidenheid rolprente by Studio 77 gedraai. Dit is vervaardig deur bekroonde filmmakers van dwarsoor die wêreld. Saterdag word Looking for the Revolution, Taxi to the Dark Side en Please Vote For Me vertoon. Toegang is gratis, hoewel kollektes gevra word. Vir meer inligting oor gebeure, kontak Tony by 081 124 6792.
GALERIE FUSION
Die groep-uitstalling Continuum open op 26 Julie en duur tot 15 Augustus. Deelnemende kunstenaars is onder meer Nicky Marais, Karla Kolbe, Nico Roos, Dick Fryer, Pierre van der Westhuizen en Pedro Vorster. Die galery is in die Ou Brouery-kompleks geleë.
NASIONALE KUNSGALERY
• Jack Beng-Thi, Eric Pongérard, Pascale Simonet en Laurent Zitte van Réunion se jongste foto- en videowerk is tot 6 Augustus te sien. Dit word aangebied deur die Franco- Namibiese Kultuursentrum.
• I Believe, ’n versameling skilderye en tekening deur Susan Mitchinson, kan tot 17 Augustus besigtig word.* Die galery se tye is soos volg:
• Maandag: Gesluit
• Dinsdag tot Vrydag van 08:00 tot 17:00
• Saterdag van 09:00 tot 14:00
• Sondag van 11:00 tot 16:00 Kontak die skakelbeampte by 061 231 160 vir meer inligting.
BANK WINDHOEK OMBA-GALERY
• Space and Time, die versameling van onlangse werke deur Papa Shikongeni, word tot 27 Julie uitgestal.*
• Baskets 2008 – die mooiste mandjies van die Kavango-streek is van 1 tot 31 Augustus te sien.* Kontak Karin le Roux by 061 24 2222 vir meer inligting.
PAKHUISTEATER
• Erich Mahua bied môre en Saterdag om 21:00 ’n konsert aan. Kaartjies wat vooraf gekoop word kos N$35 of N$40 by die deure.
• Patricia Ochurus en die Heritage Band is Sondag om 19:00 te sien vir hierdie week se Afrodisiac. Kaartjies kos N$30. Vir meer inligting, skakel 061 244 671 of e-pos info@thewarehouse.com.na
NASIONALE TEATER
• Die Egiptiese ambassade bied vanaand om 20:00 die rock-opera Sobhi & Friends aan. Kaartjies wat vooruit gekoop word kos N$40 en N$50 by die deure.
• Die musiekgroep Giocare, bied op 1 en 2 Augustus die ligte klassieke produksie, La Vie Est Belle, aan. Op die program is klassieke en ligte klassieke musiek vir die stem en klavier. Kaartjies is reeds by die NTN te koop en kos N$60.
• Die Windhoek Afrikaanse Privaatskool se Namibiese weergawe van High School Musical word van 9 tot 11 Oktober om 19:30 aangebied.
UNAM RUIMTETEATER
• The Bigamist deur Freddy Philander, word op 1 en 2 Augustus om 19:00 aangebied. Kaartjies kos N$50.*
KOLLEGE VIR DIE KUNSTE
• ’n Klavierkonsert deur Johann van der Merwe word op 2 Augustus om 19:30 aangebied. Kaartjies kos N$50 vir volwassenes en N$10 vir kinders en pensionarisse.*
• Die Windhoeker Männerchor bied op Saterdag 9 Augustus om 19:00 sy herdenkingskonsert aan. Kaartjies kos N$40 (N$20 vir kinders en pensionarisse). Skakel Harald Müseler by 081 129 6765 vir meer inligting.*
• Die Kollege se jaarlikse Senior Studentekonsert word op Dinsdag 12 Augustus om 8:00 aangebied. Kaartjies kos N$15 vir volwassenes en N$5 vir pensioenarisse en kinders (N$30 vir gesinne).
BANK WINDHOEK TEATERSKOOL
• Lucky Pieters se produksie The Grave Manager, word môre om 19:00 aangebied. Kaartjies kos N$35 en verversings sal te koop wees. Kontak Lucky by 081 280 2501.*
• Spoken Word bied op 6 Augustus om 18:30 hul maandelikse platform vir digters, musici en komediante aan. Toegang is N$10 of skenk ’n speelding/boek.
NAMIBIESE KAMERENSEMBLE
Musiek deur Johann Sebastian Bach, soos die Brandenburgkonserte 4 en 5, die vioolkonsert in E en die Koffiekantate, word op 8 en 9 Augustus om 19:00 in die Christuskirche aangebied. Kaartjies kos N$60 en N$30 vir kinders en pensioenarisse en is by dr. M. Kimberg se spreekkamers in Akwamarynstraat in Eros (agter Medi-Clinic), of by die deure te koop.
FRANCO-NAMIBIESE KULTUURSENTRUM UITSTALLING
• Na afloop van ’n goeie reënseisoen was die veldblomme vanjaar uitsonderlik. Christopher L. Johnston van Omaruru bied ’n wonderlike fotografiese reeks van dié blomme tot 31 Julie in die Wild Arts Café aan.
• Jack Beng-Thi, Eric Pngérard, Pascale Simonet en Laurent Zitte van Réunion se jongste foto- en videowerk is tot 6 Augustus in die Nasionale Kunsgalery te sien.
• Cases Créoles, ’n uitstalling wat die argitektoniese evolusie op Réunion uitbeeld vanuit ’n sosiologiese en historiese oogpunt, kan tot 29 Julie in die hoofgalery van die FNCC besigtig word.
• Die Koreaans-Amerikaanse kunstenaar Hannah Naomi Kim se uitstalling Small Collisions is van 30 Julie tot 11 Augustus te sien. Dit is ’n multi-media versameling van tekeninge, skilderye en digitale werk wat die unieke tyd en ruimtes van kontemporêre Namibië uitbeeld.
ROLPRENTE
• Vanaand is Esther Khan van Arnaud Desplechin te sien. Frans met Engelse onderskrifte. Dit word om 18:00 gedraai en toegang is N$10 (N$5 vir FNCC-lede). Die sentrum se nuwe telefoonnommer is 061 387 330.
GOETHESENTRUM
• Die uitstalling Made in Germany: Architecture + Ecology, kan tot 1 Augustus besigtig word. Dit bestaan uit nege modelbouprojekte wat die veelsydigheid van Duitse ekologiese argitektuur vertoon.
• As deel van die African Perspectives-reeks, word Mahamat-Saleh Haroun van Tjad se rolprent Abouna op Donderdag 31 Julie om 18:00 gedraai. Toegang is N$10. Dit is in Frans met Engelse onderskrifte.
PARLOTONES
Die Suid-Afrikaanse grope bied op 19 September ’n konsert aan. Venue en tye sal nog bevestig word. Besoek www.lifesize events.com of skakel 061 221 765 vir meer inligting.
OPTREDES (VARIA)
• 22 en 23 Augustus: Jakkie Louw, Ray Dylan & Jan Gous en Final Chapter by Henties Visfees. Vir meer inligting, kontak Johan Venter by 081 124 1181 of venterjh@mweb.com.na.
GOLDEN CIRCLE SHOWS
• Saterdag: Amanda Strydom en pianis by die SKW. Kaartjies N$100 en N$250.
• 16 Augustus: Jay (Jaco van Eden) met sy eie band, en Izak Davel
• 13 September: Navi Redd & Stefan Ludik Vir meer inligting, kontak goldencircleshows @cater-hire.com of 061 266 202 of 081 128 4165.
JAK DE PRIESTER
Die Suid-Afrikaanse sanger is van 31 Julie tot 2 Augustus in Namibië. Hy word deur Chris van der Westhuizen begelei. Sy program is as volg:
• Donderdag 31 Julie: SKW, 19:30 vir 20:00. Tafels (van 8) kos N$150 per persoon, sluit ’n vingerete en twee bottels wyn per tafel in. Kontak 081 124 1181, 081 268 8865 of 061 252 047.
• Vrydag 1 Augustus: Otjiwarongo. Kontak 081 127 6644.
• Saterdag 2 Augustus: Grootfontein.
ZOOPARK
Die jaarlikse Namibiese Vigsbewustheidskonsert vind op Saterdag 2 Augustus om 18:00 plaas. Deelnemende kunstenaars is Jericho, Tunakie, D-Naff, Lady May, Ees, Gazza, Sunny Boy, Gal Level en Ras Sheehama. Skakel 081 330 0865 vir meer inligting.
DAY AT THE RACES
Hierdie jaarlikse Tafelronde-geleentheid word op Vrydag 1 Augustus om 18:30 by Wanderers aangebied ten bate van die Oude Rust Oord. ’n Tafel van tien kos N$3 500. Kontak Atasha Wilken by 081 300 3993 vir meer inligting.
BOTANIESE TUINE
Die bosbou-adviseur Rolf Sprung bied vanaand om 18:00 ’n lesing aan oor ekologie en die bestuur van droë woude. Hy deel inligting oor ’n paar van die strategieë wat droë woude gebruik in tye van stres.
KRIT
Jan Woest lei op Dinsdag 5 Augustus om 19:00 die bespreking oor Etienne van Heerden se Asbesmiddag in die Nasionale Biblioteek. Toegang is gratis. Kontak Susan Alexander by 081 272 0459 vir meer inligting.
WETENSKAPLIKE VERENIGING
• Alle belangstellendes word genooi om vanaand om 17:30 by die vereniging aan te sluit vir die bekendstelling van die boeke Der Prospektor deur Wolfgang Bauer, en Liebes Väterchen… Oscar von Schauroth, saamgestel deur Bernd Krömer.
• Die vereniging se jaarvergadering word op Donderdag 7 Augustus om 19:00 gebou. Nominasies vir nuwe komiteelede moet die vereniging voor 1 Augustus bereik. Navrae kan aan 061 225 372 of nwg@iway.na gerig word.
NEWS
Kenneth /Uiseb bied op Woensdag 30 Julie ’n openbare lesing vir die Namibiese Omgewing en Wetenskaplike Vereniging (NEWS) oor houdings en persepsies van die plaaslike gemeenskap teenoor die herbekendstelling van die swartrenoster in die ≠Khoadi //Hôas bewaringsgebied in die noordweste van Namibië. Toegang is gratis vir lede, en N$10 vir ander.
NAMIBIESE VOЁLKLUB
• ’n Uitstappie word Sondag na die plaas Finkenstein gereël. Almal kom om 07:00 onder die treinbrug by Avisdam byeen.
• Die klub onderneem op 10 Augustus ’n oggendstaptog by Avisdam. Ontmoet mekaar 07:00 by die parkeerarea. Kontak Gudrun by 061 225 727 of 081 240 3635 vir meer inligting.
SOKRATIESE VERENIGING
Dr. Mark Hanman van die Instituut van Filosofie van die Universiteit van Londen lei die gesprek Is God A Democrat? op 21 Augustus om 18:00. Dit vind in die ouditorium van die Unam biblioteek plaas. Kontak Willem Moore by 081 277 2565.*
ACES NETWORK
Die organisasie reël op Saterdag 2 Augustus om 09:30 ’n gesellige byeenkoms by die Am Weinberg restaurant. Die gasspreker is dr. Roberts, wat gesels oor menopouse en osteoporose. Kaartjies kos N$50 en sluit ’n heerlike buffet-ontbyt in. Kunsvlyt en ander items van Gabi Hill (kerse), Helen Hibbert (juwele), Katrin Rohr (kaartjies) en Margot Garbade (plaasprodukte) is ook te koop. Maak besprekings by Ami by wsell@iway.na of Anita by chic@mweb.com.na
KLIPPENBERG KUNSFEES
Vanjaar se fees vind op 1 en 2 Augustus op Karibib plaas. Vir meer inligting, kontak die feeskoördineerder by 064 550 576. * Dui Bank Windhoek Kunstefees aan. Besoek www.bankwindhoekarts.com.na vir die jongste inligting.