11.03.2010
Kalender van 11 Maart 2010

Tony Figueira
STUDIO 77
• Die bekende fotograaf Tony Figueira se uitstalling Beyond the Frame is tot 31 Maart hier te sien.*
• Op Saterdag 27 Maart om 19:00 word die rolprent Youssou N’Dour: Return to Gorée vertoon. Dit is in Engels en Frans met Engelse onderskrifte. Toegang is N$10. Ingesluit op die program is ’n uitvoering deur TONETiC.* Kontak die ateljee by 061 252 800.
NASIONALE KUNSGALERY
Die Kunsvereniging Erfenistrust bied tot 30 April 2010 ’n herdenkingsuitstalling van John Muafangejo se werke aan. Die uitstalling bring hulde aan die kunstenaar se bydraes tot Namibiese kuns. Hy het op 27 November 1987 gesterf.* Kontak die skakelbeampte by 061 231 160 vir meer inligting.

Joseph Money comes around money goes around
BANK WINDHOEK OMBA-GALERY
• Visual Merge, ’n uitstalling deur ’n verskeidenheid Namibiese kunstenaars, kan tot 28 Maart besigtig word.*
• Follow the line, die tweede solo-uitstalling van die juweelontwerper Frieda Lühl, is vanaf 30 Maart tot 14 April te sien. Sy maak gebruik van natuurlike materiaal, kon- trasterend in tekstuur, kleur en digtheid en wat in silwer en goud geraam is. Haar nuwe reekse in hout, etse en drukwerke word ook vertoon.* Skakel 061 24 2222 vir meer inligting.
FINE ART GALLERY (Swakopmund)
Kunswerke van die wyle Konrad Zander is tot 27 Maart hier te sien. Kontak 081 277 3214 of fineart@gallery.com.na vir meer inligting oor die jongste uitstalling.
DANCE DOMAIN
Hierdie dansateljee hou môre en Saterdag om 19:00 by Windhoek Gimnasium ’n dansvertoning ten bate van kinderliefdadigheidsorganisasies. Kaartjies kos N$50 vir volwassenes en N$30 vir kinders en is by Christelle (081 258 7128) of Juanita (081 292 9215) te koop.
PARLOTONES
Die Suid-Afrikaanse groep tree op Vrydag 26 Maart by die Windhoek Skougronde op. Hekke open om 18:00. Kaartjies kos N$190 en is beskikbaar by Tax Connect (061 371 980).
ORA PRONOBIS-KOOR
Sluit op Saterdag 10 April om 19:00 by die Tanidare Bemagtigingsentrum aan vir ’n konsert deur hierdie koor asook opvoerings deur Mansie Tjombe, die Eiseb Couple en evangelis Danie !Aebeb. Kaartjies is by die deure te koop en kos N$10. Kontak Jackey !Gaoseb by 081 295 2339 vir meer inligting.

Frieda Lühl
KOLLEGE VIR DIE KUNSTE
Die kollege se jaarlikse Karnavalweek vind van 23 tot 27 Maart plaas. Op die program is: Dinsdag 23 Maart om 18:00: Kunsuitstalling Woensdag 24 Maart om 19:00: Studentekonsert. Kaartjies kos N$10 en N$5. Donderdag 25 Maart om 19:00: Afrika uitvoerende kunstekonsert om 19:00. Kaartjies kos N$10 en N$5. Vrydag 26 Maart om 19:00: Dosentekonsert om 19:00. Kaartjies kos N$10 en N$5. Saterdag 27 Maart vanaf 11:00 tot 16:00: Karnavaloptog, met uitvoerings, speletjies, stalletjies en meer. Kontak Hermien Vries by 061 374 100 vir inligting.*
FRANCO-NAMIBIESE KULTUURSENTRUM UITSTALLINGS
• Die Namibiese kunstenaar Joseph Madisia vier 25 jaar in die kunsbedryf met ’n uitstalling van sy werke. Dit kan tot 31 Maart besigtig word.
• Prof. Rudi van Aarde van die Universiteit van Pretoria stal sy foto’s van olifante vanaf 6 tot 30 April uit.
MUSIEK
• Kareyce (Kameroen) en Bholoja (Swaziland) bied op Woensdag 24 Maart om 20:00 ’n konsert in die Nasionale Teater aan. Kaartjies wat vooraf gekoop word, kos N$40 of N$50 by die deure.
• The City Kay Family van Frankryk bied op Saterdag 3 April om 21:00 ’n reggaekonsert by die Zenso Lounge aan. Kaartjies wat vooraf gekoop word, kos N$40 of N$50 by die deure.

Youssou n'dour
KINDERROLPRENTE
• Vandag:The Water Horse
• Donderdag 18 Maart: Mes Voisins Les Yamada (Frans)
• Donderdag 25 Maart: Valiant
• Donderdag 1 April: The Pirates Who Don’t Do Anything
• Donderdag 8 April: The Polar Express
• Donderdag 15 April: Ponyo Sur La Falaise (Frans)
• Donderdag 22 April: Coraline
• Donderdag 29 April: Up Alle rolprente word om 15:00 vertoon. Toegang is N$5. Dit is in Engels met Franse onderskrifte, tensy anders vermeld.
ROLPRENTE VIR VOLWASSENES
• Woensdag 23 Maart: The Secret of the Grain, fiksie, deur Abdel Kechiche (Frans met Engelse onderskrifte).
• Woensdag 31 Maart: 12:08 East of Bucharest, fiksie, deur Corneliu Porumboui (Frans).
• Woensdag 7 April: Juno, fiksie, deur Jason Reitman (Engels met Franse onderskrifte).
• Donderdag 14 April: Walkabout, fiksie, deur Nicolas Roeg (Engels met Franse onderskrifte).
• Woensdag 21 April: Elephant Caravan, dokumentêr, deur O. Duffillot & G. Maurer (Engels met Franse onderskrifte).
• Donderdag 28 April: La Très Très Grande Enterprise, fiksie, deur Pierre Jolivet (Frans). Rolprente word om 18:30 vertoon. Toegang is N$10 (N$5 vir FNCC-lede). Vir meer inligting, kontak 061 387 330 of communication@fncc.org.na
AMERIKAANSE KULTUURSENTRUM
Rolprente wat oor ’n spesifieke tema handel, word Woensdae vertoon. Dit vind om 17:30 in die ouditorium plaas. Die sentrum is op die derde vloer van die Sanlamgebou geleë. Toegang is gratis. Vir meer inligting, skakel 061 229 801 (uitbr. 225).
BIOMARK (Stephanus-kerk)
Elke Saterdag vanaf 09:00 tot 12:00 word ’n verskeidenheid vars plaasprodukte te koop aangebied. Veilige parkering is op die terrein asook in Hoepfnerstraat beskikbaar. Kontak Inge Glaue by 061 239 555 vir meer inligting.
NAMIBIESE VOЁLKLUB
Kontak Gudrun by 081 240 3635 of 061 225 727 vir meer inligting oor hierdie klub.
TOASTMASTERS
• Die Tarentaal Toastmasters kom elke tweede Woensdag van die maand by die Bank Windhoek Opleidingsentrum in Dr. W. Kulzstraat byeen. Kontak Stan Miller by 061 221 987, 081 303 4580 of stanmil@mtcmobile. com.na; Marie Lamprecht by 061 241 726, 081 124 9141, of Fillimon Ngairo by 061 379 551 of 081 127 3694.
• Die Windhoek Toastmasters se byeenkomste word elke tweede en vierde Donderdag van die maand gehou. Dit vind om 18:15 in die gebou van die Motorvoertuigongelukfonds plaas (toegang vanaf Viljoenstraat). Kontak Welma Enssle by 081 127 6712 of Heinrich Zehrt by 081 127 1246.
• Die Seagulls Toastmasters ontmoet elke eerste Donderdag van die maand in die Politegnikum se SR-kantoor. Kontak Shireen Strauss by 081 122 1339.
• Die Swakopmund Toastmasters vergader elke eerste en derde Maandag van die maand om 18:45 by die Lion’s Den op die hoek van Rhode Allee en Lüderitzstraat. Kontak Clarice by 081 278 5269 of dongetz@iway. na vir meer inligting.
KRIT
Die literêre gespreksgroep kom op Dinsdag 23 Maart om 19:00 in die Nasionale Biblioteek byeen. Hulle gesels oor Elsa Joubert se outobiografie, Reisiger oor die Limietberge. Die gesprek word gelei deur Ingrid van Graan en toegang is gratis. Kontak Susan Alexander by 081 272 0459.*
WETENSKAPLIKE VERENIGING
Die vereniging nooi alle belangstellendes om op Dinsdag 16 Maart om 19:30 aan te sluit vir ’n lesing in Engels deur Harald Schütt wat oor die Kopenhagenproses gesels. Skakel 061 225 372 vir meer inligting.
BLOEDOORTAPPINGSDIENS
• Vandag vanaf 09:00 tot 15:30: Politegnikum
• Vandag vanaf 10:00 tot 14:00: Pick ’n Pay Swakopmund
• Môre vanaf 09:00 tot 15:00: Windhoek Pointbreak (naby die weerburo, nr. 24 Orbanstraat). Skakel 061 386 312 vir meer inligting.
TOER VIR VOLWASSENES
Veertig volwassenes kan van 5 tot 15 Mei 2010 aansluit by ’n toer na Suid- Afrika. Die bus vertrek vanaf Windhoek en plekke wat besoek word, sluit in George, Knysna, Oudtshoorn, Kaapstad en Langebaan. Belangstellendes kan Reon van Wyk by 081 274 0499 of 063 223 977 kontak.
* Bank Windhoek Kunstefees. Besoek www. bankwindhoekarts.com.na vir die jongste inligting.