2.09.2010
Kalender op 2 September 2010
STUDIO 77
• Die dansvertoning, Tutus en Takkies, is môre en Saterdag om 19:00 te sien teen N$50 per kaartjie. *
• Kay Cowley se gemengde media-uitstalling kan vanaf 13 tot 25 September besigtig word.*
Kontak die ateljee by 061 252 800.
NASIONALE KUNSGALERY
• Kunswerke deur verskeie Namibiese vroue word tot 17 September uitgestal.*
• Die jaarlikse Kunsveiling word op 24 September gehou.
• Die Kunsvereniging Erfenistrust bied tot 30 November in samewerking met private versamelaars ’n uitstalling aan van werke deur Adolph Jentsch en Fritz Krampe.*
Kontak die skakelbeampte by 061 231 160 vir meer inligting oor die uitstallings by die galery.
BANK WINDHOEK OMBA-GALERY
• Art-i-San – Kunswerke, juwele en tekstiel vervaardig deur San-gemeenskappe word tot 7 September uitgestal.*
• ’n Uitstalling deur Pedro Vorster, getitel Forms of Symbol, kan vanaf 10 tot 30 September besigtig word.*
Skakel 061 242 222 vir meer inligting.
JOHN MUAFANGEJO-GALERY
• Recycle, ’n studente-uitstalling, is vanaf 8 September by hierdie galery in die Katutura Gemeenskapkunssentrum te sien.
• Die verhoogstuk The Grave Manager is op 8, 9 en 10 September by die Katutura Gemeenskapsentrum om 19:00 te siene. Kontak Mola by 081 293 9333 vir meer inligting.*
Kontak Nicky Marais by 081 273 5044 vir verdere inligting.*
NAMIBIAN JEWELLERY & ARTS GALLERY (Swakopmund)
Plaaslike kunstenaar, Kaleb Haipinge, hou vanaf 10 September tot einde Oktober ‘n reisigersuitstalling getitel We are the World. Kontak 081 465 0106 of besoek www.kalebhaipinge. com.na vir meer inligting.
WOERMANNHAUS (Swakopmund)
• ’n Fotografiese uitstalling deur Linda Louw getiteld Fractions of Seconds kan tot 11 September besigtig word. Kontak haar by 081 128 8226.
NPS KULTUURSAAL (Swakopmund)
• Danre en Cessare Strydom hou vandag om 19:30 ’n klassieke musiekkonsert, waar hulle die klarinet en klavier bespeel. Kaartjies kos N$50 vir volwassenes en N$25 vir skoliere. Bespreek by 064 402 874.*
• Op 9, 10 en 11 September is Randall Wicomb en die Mascato Jeugkoor se Voete van ’n Gemsbok om 19:30 te sien. Kaartjies kos N$50 en kan bespreek word by 064 402 613.*
PIETER DORFLING-TOER
Die Namibiese sanger bemark sy jongste CD Doekvoet landwyd. Die toerprogram is as volg:
• Saterdag: Oranjemund Skietklub om 19:30 Kontak Pieter by 085 605 7580 of 081 291 1026 vir meer inligting.
GERHARD STEYN
Die Suid-Afrikaanse sanger wat bekend is vir treffers soos “Diamante” en “Baby Tjoklits” tree op Saterdag 11 September by Barnyard in Windhoek om 21:00 op. Kaartjies kos N$100 per persoon. Kontak Johan by 081 261 8142.
ONGOMA TROMSIRKELS
Op aandrang van aanhangers bied die Ongoma-groep elke tweede Saterdag om 19:00 sy gewilde tromsirkels by Dylan’s in Windhoek aan. Enigiemand wat belangstel, kan saam op die Wes-Afrika djembes speel. Vir meer inligting, besoek www.ongoma.com of skakel 061 303 526.
AVALON EVENT BACKSTAGE
• Loriot 2, ‘n Duitse DVD word môre om 20:00 vertoon. Toegang is N$20.
• Saturday Night Fever, ‘n dans waar musiek uit die sestigerjare tot die negentigerjare gespeel word, begin Saterdagaand agtuur. Toegang is N$20.
Backstage is by Andimba Toivo ya Toivostraat nr. 20 geleë. Skakel 061 211 683 vir meer inligting.
NASIONALE TEATER
• Voete van ’n Gemsbok van Randall Wicomb en die Mascato Jeugkoor is vanaand, môre en Saterdag om 19:30 te sien en om 15:00 Saterdag. Kaartjies kos N$50, N$70 en N$90. Bespreek by 061 234 633.
• Op 7 en 8 September hou Emo Adams twee vertonings om 18:00 en 20:00 onderskeidelik van die verhoogstuk Emo en sy Band. Kaartjies kos N$100. Bespreek by 061 234 633.
• Altus Theart se eenmanvertoning Hoe ’n Man se Kop Werk, kan op 9, 10 en 11 September om 19:00 gesien word. Kaartjies kos N$100. Bespreek by 061 234 633.
• Joe Barber lewer vanaf 14 tot 18 September om 19:00 skreeusnaakse uit-die-vuis-vertonings. Kaartjies kos N$100. Bespreek by 061 234 633.
• Marion Holm vermaak gehore op 20 en 21 September met haar verhoogstuk, Met die Holm gebore om 19:00. Kaartjies kos N$100. Bespreek by 061 234 633.
• Lag jou Pap – Taaikoens van die vyftal Severius Majiedt, Clement Kloppers, Stephen Nell, Shorty Beukes en Abraham Bakker, is om 19:00 op 24 en 25 September te sien. Kaartjies kos N$80. Bespreek by 061 234 633.
BANK WINDHOEK TEATERSKOOL
• ’n Kabaretvertoning deur Lize Ehlers en Tuli Shityuwete word op 9 en 10 September onderskeidelik om 18:00 en 20:00 gehou. Kaartjies is by die deur beskikbaar teen N$50. Kontak Sandy Rudd by 081 124 0541.*
FRANCO-NAMIBIESE KULTUURSENTRUM UITSTALLINGS
• ’n Fotografiese uitstalling van Namibiese landskappe deur die Brits-gebore Gay Burdett, voorheen kunsredakteur van Vogue en ander glanspublikasies, word tot 25 September in die Le Rendez-Vous Restaurant aangebied.
ZENZO LOUNGE
Baby Mamma, plaaslike komediante se komediespel is môre om 19:30 te sien. Kaartjies kos vooraf N$30 of N$40 by die deur. Dit kan by Universal Sounds en Bank Windhoek Teaterskool gekoop word. Elke eerste Vrydag van die maand word ‘n komediespel gehou. Kontak Chicken by 081 415 7409 of freeyourmindcc@yahoo.com vir meer inligting.*
NASIONALE ARGIEF
Israel Goldblatt se boek Building Bridges: Namibian Nationalists Clemens Kapuuo, Hosea Kutako, Brendan Simbwaye, Samuel Witbooi, word op Dinsdag, 7 September om 18:00 by die Nasionale Argief van Namibië in Eugene Maraisstraat bekendgestel.
SWAKOPMUND KUNSVERENIGING
• Die Mascato koor bied op 17 en 18 September ’n konsert aan. Kontak Günther Kesselmann by ag@kesselmann. net vir meer inligting.
SOKRATIESE VERENIGING
Die vereniging kom vanaand sesuur in die Unam biblioteek se videokonferensie- sentrum bymekaar vir die bekendstelling van prof. WP Esterhuyse se boek, Die God van Genesis.
DIVINE CONNECTION
‘n Gospelkonsert deur plaaslike kunstenaars, getitel Summer Sound Festival, word Saterdag vanaf 09:00 tot 16:00 by die Onafhanklikheidsarena in Katutura gehou.
BIOMARK (Stephanus-kerk)
Elke Saterdag vanaf 09:00 tot 12:00 word ’n verskeidenheid vars plaasprodukte te koop aangebied. Veilige parkering is op die terrein asook in Hoepfnerstraat beskikbaar. Kontak Inge Glaue by 061 239 555 vir meer inligting.
KHOMAS GEMEENSKAPSKERK
Die kerk hou Saterdag ‘n bazaar op die Dawid Bezuidenhout- rugbyveld. Hekke open om 07:00 en speletjies en sport sorg vir vermaak, terwyl braaivleis, afval en koeke honger mae sal stil.
TOASTMASTERS
• Die Tarentaal Toastmasters kom elke tweede Woensdag van die maand by die Bank Windhoek Opleidingsentrum in Dr. W. Kulzstraat byeen. Belangstellendes kan met Jaco Kruger (adjunkpresident: lidmaatskap) by 081 124 2879 of krugerj@bankwindhoek.com.na in verbinding tree.
• Die Windhoek Toastmasters se byeenkomste word elke tweede en vierde Donderdag van die maand gehou. Dit vind om 18:15 in die gebou van die Motorvoertuigongelukfonds plaas (toegang vanuit Viljoenstraat). Kontak Welma Enssle by 081 127 6712 of Heinrich Zehrt by 081 127 1246.
• Die Seagulls Toastmasters ontmoet elke eerste Donderdag van die maand in die Politegnikum se SR-kantoor. Kontak Shireen Strauss by 081 122 1339.
• Die Swakopmund Toastmasters vergader elke eerste en derde Maandag van die maand om 18:45 by die Lion’s Den op die hoek van Rhode Allee en Lüderitzstraat. Kontak Clarice by 081 278 5269 of dongetz@iway.na vir meer inligting.
WETENSKAPLIKE VERENIGING
Die DVD Who Killed the Electric Car word op Woensdag, 8 September om 19:30 vertoon. Kontak Tanya by 061 225 372 of nwg@iway.na vir meer inligting.
KRIT
'n Literęre gespreksgroep kom om 19:00 byeen op 21 September om Marita van der Vyver se boek, Dis Koue kos, Skat, te bespreek. Kontak Susan Alexander by 081 272 0459.*
OMALESHE DANCE AND DRUMMING
Hierdie groep tree môre by die Ongwediva Handelskou op en op 26 September is hulle om 13:00 by die Ongwediva Sakekompleks te sien met hul vertoning Get together and Learn.
Vir meer inligting, kontak Doris Sisi by 081 249 8857.*
BLOEDOORTAPPINGSDIENS
• Vandag: Talstraat-sentrum en United House-sentrum vanaf 09:00 tot 16:00, VTC en Trustco vanaf 09:00 tot 15:00 en Walvisbaai Salt Works vanaf 10:00 tot 15:00.
• Môre: Talstraat-sentrum en United House-sentrum vanaf 09:00 tot 16:00, Nedbank Ausspannplatz vanaf 09:00 tot 14:00 en Windscreens Perfect Glass vanaf 09:00 tot 15:00.
Skakel 061 386 312 of besoek www.nambts.com vir meer inligting.
MOTORFIETSSAAMTREKKE
• Vanaf môre tot Sondag is Live-to-Ride die gasheer vir die jaarlikse Big 5 Rally op Brakwater, plot 6 buite Windhoek.
• Die Fish Eagle Rally vind vanjaar vanaf 1 tot 3 Oktober op Walvisbaai plaas. Stuur ’n e-pos aan nambike@iway.na vir vir meer inligting.
KATBESKERMINGSVERENIGING
’n Katteskou word op Saterdag 11 September in die Laerskool Delta se skoolsaal gehou. Die beoordeling begin om 10:30 en inskrywingsvorms is by alle veeartse beskikbaar. Alle katte kan ingeskryf word. Koste beloop N$30 vir lede en N$40 vir nie-lede. Vir meer inligting kontak 081 124 6064.
PINK CUPCAKE DAY
Die Kankerverniging hou Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00 ‘n Pienk Kolwyntjiedag by Wernhil Park en Maerua Mall. Kolwyntjies word teen N$5 verkoop en is ten bate van servikale en borskanker, wat in September en Oktober onderskeidelik internasionale bewusmakingsmaande het.
HATS, ROSES & CHAMPAGNE
Teken solank Saterdag 9 Oktober in jou dagboek aan! Die jaarlikse geleentheid word deur die Kankervereniging aangebied.
ROLPRENTKLUB
By die Bank Windhoek Teaterskool in Robert Mugabe-rylaan word die volgende rolprente Saterdae om 15:00 vertoon.
Môre: All about my mother
11 September: Children of Heaven
18 September: House of the Flying Daggers
25 September: Monsoon Wedding
Toegang is gratis, maar skenkings word verwelkom. Versnaperinge is te koop.
BANK WINDHOEK KIDZ FUN FAIR
Op 18 en 19 September word die Kidz Art Zone by die Wanderers-sportgronde bekendgestel. Besoek die sportgronde op 18 September tussen 09:00 en 18:00 en op 19 September tussen 09:00 en 15:00. Kontak Morna Mlunga by 061 299 1278 of mlungam@bankwindhoek.com.na*
* Bank Windhoek Kunstefees. Besoek www.bankwindhoekarts.com.na vir die jongste inligting.