Alzheimer-pasiënte wat ’n gewilde rumatiekmedikasie toegedien is, het in ’n klein studie dramatiese verbetering getoon. Sommige dokters is egter bekommerd dat die aanvanklike bevindings voortydige hoop kan skep by pasiënte en hul gesinne. Die studie, wat in die BioMed Central MC Neurology-joernaal opgeteken is, het 12 pasiënte betrek wie se taalgeheuevermoë kort ná behandeling met Enbrel, of etancercept, ’n antiinflammatoriese middel wat deur Amgen en Wyeth bemark word, aansienlik verbeter het.
“Ons sien gereeld binne die paar minute na die toediening van die eerste dosering, verbale effekte,” het dr. Edward Tobinick gesê. Hy is die direkteur van die Instituut vir Neu- rlogiese Navorsing, ’n private mediese groep in Los Angeles. Tobinick het ’n spesiale metode van toediening van die middel in die pasiënt se nek ontwikkel en gepatenteer.
Hy sê dat die behandeling enigiets tussen US$10 000 en N$40 000 per pasiënt beloop. In Januarie het Tobinick se verslag die aandag van die Alzheimer Vereniging gelok, wat daarna hul kommer oor die behandeling uitgespreek het. “Mense met Alzheimer en hul gesinne mag baie waarde heg aan die inligting wat gegrond is op die dramatiese taal wat gebruik word in die nuusvrystelling en die skynbare onmiddellike effek van die middel,” het die groep gesê.
“Ons moet werk in ander laboratoriums sien deur wetenskaplikes wat geen finansiele belang het in die produk nie.” Dr. Sam Gandy, voorsitter van die Alzheimer Vereniging se mediese en wetenskaplike raad, het gesê die studie wat by Tobinick se kliniek uitgevoer is, verskaf nie onafhanklike bevestiging nie. “Dit is nog nie behoorlik beproef nie,” het Gandy gesê.
Tobinick glo die middel werk moontlik deur ’n oormatige hoeveelheid TNF-alfa (gewas nekrose faktor alfa), wat kommunikasie in die brein mag beïnvloed, te blokkeer. Die studie het gekyk na taalprobleme, soos om woorde te vind, onder 12 pasiënte met matige tot ernstige Alzheimer wat elke week vir ses maande etanercept ontvang het.
Hy het gesê die studie bewys dat “oortollige TNF in die Alzheimer-brein, ’n nuwe manier kan bied om taaldisfunksie te hanteer.” Tobinick erken dat die studie beperk is omdat die pasiënte geweet het dat hulle medikasie ontvang. Alzheimerpasiënte in sulke soort studies toon gewoonlik verbetering. “Die susmiddeleffek is ’n groot probleem in studies,” het dr. Scott Turner van die Memory Disorders-program by die Georgetown Universiteit se mediese sentrum in Washington gesê.
Turner het gesê die ware toets sal kom in ’n meer wetenskaplike susmiddel- beheerde kliniese toets. In sulke studies ontvang pasiënte ’n susmiddel óf die aktiewe middel, en nie die pasiënt of dokter weet wie kry watter middel nie. Amgen het sy kommer oor die navorsing uitgespreek en gesê dat daar nog nie genoeg bewyse is nie. “Dr. Tobinick se behandeling word nie deur Amgen goedgekeur nie,” luidens ’n boodskap wat in April op die maatskappy se webwerf verskyn het.