21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.09.2010

Horizont Namibia

deur Livia en Peter Pack met foto’s deur Kai-Uwe Küchler


’n Eindelose woestyn, growwe rotse en asemrowende valleie, die swart silhoeëtte van kokerbome, die sandduine by Sossusvlei wat in die rooi sonsondergangstrale gehul is – Namibië beïndruk uit alle hoeke met sy landskappe en natuurwonders.

Argitektoniese spore van die koloniale tydperk kom onder meer in die hoofstad voor; die klipperige hange van Twyfelfontein fassineer met hul geheimenisvolle rotsetse; en die Etosha Nasionale Park loop oor van wilde diere.

In hierdie boek beeld meer as 230 foto’s Namibië op sy mooiste uit, vanaf die reuse Namib, oor die platorand met sy berge, tot in die Kalahari-bekken. Spesiale hoofstukke berig oor lewensvorms van die woestyn, diamante, stap in die Visrivierspoelvallei, Walvisbaai, veldry en die mooiste verblyfplekke.

Horizont Namibia (ISBN 9783800319688) is deur Verlagshaus Würzburg GmbH gepubliseer en word plaaslik deur Demasius Publications (061 236 938) versprei. Dit is by meeste Namibiese boekhandelaars beskikbaar.