Hoekom is kruip vir my baba belangrik

Meeste mense het al gehoor hoe belangrik dit is vir babas om te kruip, maar watter rol speel kruip werklik in ontwikkeling? Die ekstra gewig op jou baba se arms, bring mee dat sy skouers sterker word. Goeie skouerstabiliteit is nodig vir die hele arm om gekoördineerd te kan beweeg en is veral van belang wanneer kinders begin skryf en inkleur.

Elke proksimale (nader aan die liggaam) gewrig moet stabiel wees vir ?n distale (verder van die liggaam) gewrig om mobiel te wees. Die kruipproses kan dus jou kind se handskrif beïnvloed. Elke gewrig moet ook leer om normaal te beweeg. Wanneer ?n baba handeviervoet staan en heen en weer beweeg net voordat hul begin kruip, ?oefen? die gewrigte hierdie bewegingspatroon.

In hierdie posisie word die vingersenings wat oor die pols loop ook gestrek. Stabiele polse is nodig vir jou baba om ?n goeie greep te ontwikkel. Mense se hande is nie heeltemal plat nie, maar het handboë of rondings in die hand, wat jou in staat stel om byvoorbeeld ?n bal op tetel.

Hierdie boë loop oor die lengte en ook oor die breedte van die hand. Kruip en die gepaardgaande gewig wat geskuif word oor die handoppervlak moedig die vorming van handboë aan. Die baba se duim dra ook gewig en stabiliseer die gewig sywaarts.

Dit versterk die duimspiere en moedig ?n groot webspasie tussen die duim en wysvinger aan. Vir die duim om al die vingers te kan raak en te kan opponeer (weg van die hand en teenoor die vingers vashou) is ?n groot webspasie nodig. Nog ?n voordeel van kruip is dat dit gekoördineerde integrasie van die twee sye van die liggaam aanmoedig.

Die teenoorgestelde ledemate beweeg saam en dus word albei kante van die brein gebruik. Navorsing dui daarop dat daar ?n verband is tussen integrasie van die twee sye van jou liggaam en wiskunde prestasie. Wat gemaak as jou baba nie wil kruip nie?

Moedig kruip aan deur te verseker dat hy daagliks tyd op sy maag deurbring. Vermy ?n loopring en plaas speelgoed effens weg van hom af sodat hy daarheen moet beweeg om dit in die hande te kry. Indien jou baba nie kruip nie beteken dit beslis nie dat hulle met wiskunde gaan sukkel of lelik gaan skryf nie! As jy egter bekommerd is, sal enige fisioterapeut of arbeidsterapeut jou kan bystaan.

? Hierdie berig is voorsien deur die Namibiese Vereniging van Arbeidsterapeute. Om jou naaste arbeidsterapeut te kontak, raadpleeg die ?Medical Listings? voor in die telefoongids, of stuur ?n e-pos aan [email protected].

Kategorie: