21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.04.2006

Hoë standaarde geld in jagveld

NAMIBIë word lank reeds as een van die beste jagbestemmings in Afrika geag en daarom moet lede van die Namibiese Professionele Jagvereniging (NAPHA) hoë standaarde van etiek handhaaf.
Jagkeuses wissel van trofeejag op jag- of gasteplase tot jagsafari's en grootwildsafari's in bewaringsgebiede in die ooste en noordooste van die land.
Namibië het streng wette ten opsigte van die jag van wild en alle jagplase moet by die Ministerie van die Omgewing en Toerisme geregistreer wees. Daarbenewens moet jaggidse, meesterjaggidse en professionele jagters aan streng vereistes voldoen wat deur die Ministerie bepaal word.
Trofeejag word tussen Februarie en November toegelaat, mits die kliënt oor die nodige permit beskik. Om te verseker dat die kliënt nie minderwaardige trofeë aangebied word nie, word minimum sentimetermates voorgeskryf. Goue, silwer en brons medaljes is by NAPHA beskikbaar vir trofeë wat voldoen aan minimum mates, gegrond op die vereistes van Safari Club International.
Die Natuurbewaringsordinansie maak voorsiening vir vier klassifikasies van wild: jagbare wild, spesiale beskermde wild, beskermde wild en jagbare wilde voëls. Jagbare wild sluit die koedoe, gemsbok, springbok, vlakvark en bosvark in. Die jagseisoen vir jagbare wild op plase is gewoonlik Junie, Julie en Augustus. Geskrewe toestemming moet by die boer ontvang word voordat 'n permit deur die Ministerie uitgereik word.
Weens die skaarsheid van sekere wild, is verskeie spesies as spesiaal bewaarde wild verklaar. Dit sluit onder meer die olifant, Hartmann bergsebra, swart- en witrenosters, seekoeie, impala en Burchell-sebra in.
Beskermde wild sluit die leeu, blouwildebees, eland, jagluiperd, rooi basterwaterbok, swartwitpens, steenbok, waterkoedoe, basterhartbees (tsessebe) en waterbok in. Spesiaal bewaarde en bewaarde wild mag slegs met 'n permit gejag word wat deur die Ministerie uitgereik is.
Benewens konvensionele jag, bied Namibië ook boogskietjag aan. Omdat jagters tot na aan hul prooi moet kom, word dié jagsoort as meer eties geag. Talle plase is deur die Ministerie goedgekeur vir boogskietjag en professionele jagters, meesterjaggidse en jaggidse moet ook as boogskietjaggidse kwalifiseer.