21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

31.03.2005

Herwin balans in jou lewe

DIE Chakra Health and Skincare Clinic in Windhoek se deure is in Oktober verlede jaar deur Michaela Graupe geopen en gaan van krag tot krag vandat Priscilla Richter pas by haar aangesluit het.
Michaela het in 2001 matriek aan die Hoërskool Delta voltooi waarna sy vir twee jaar intensiewe opleiding ontvang het by die privaatkliniek Sandy Roy Health and Beauty Skin Care in Rondebosch. Daarna het sy op 'n luukse skip gewerk voordat sy die salon hier geopen het. Michaela spesialiseer in die OxyJet-stelsel wat Europa se nommer een gesigsbehandeling en teenvoeter vir veroudering is.
Interessant is dat OxyJet die naaldvrye alternatief vir Botox is. Hierdie behandeling bied nie slegs uitstekende resultate nie, dit verhoog ook kollageenproduksie, wat gewoonlik verminder namate mens verouder.
Priscilla het in 1997 as hoofmeisie aan die Hoërskool Academia matrikuleer waarna sy vir vier jaar opleiding ontvang het aan die Potchefstroomse Akademie vir Skoonheidsterapie, wat ook 'n meestergraad in somaterapie insluit. Daarna het sy ook op 'n luukse skip gaan werk voordat sy terug gekeer het na Windhoek.
Michaela en Priscilla, albei gekwalifiseerde somatoloë, doen ook behandelings met die MDA-mikrodermabrasie masjien, wat werk deur haarfyn kristalle deur 'n glas handstuk op die vel te pomp. Die kristalwaas verfyn sagkens die vel se epidermale laag en laat die vel glad en meer jeugdig voorkom. Mikrodermabrasie is spesifiek ingestel om die skoonheidsterapeut toe te laat om die leemte tussen skoonheidsalon en dermatologiese kliniek te oorbrug. In net een behandeling met die MDA word die vel sigbaar poleer en verfyn. Die tegniek stimuleer die mikrosirkulasie om 'n gesonde nuwe laag vel te bevorder.
MDA-mikrodermabrasie verbeter dramaties fyn en diep lyne, pigmentasie, oorlaaide vel met oop porieë, verdikte en gevlekte vel, velveroudering, aknee en akneeletsels, rekmerke, sonskade en ouderdomsvlekke, droë vel en letselweefsel.
Chakra Health and Skincare Clinic bied ook 'n verslankingsbehandeling aan in die vorm van die G-Form, 'n elektrotropiese behandeling wat in 1998 in Engeland ontstaan het. Die program sluit ook limfdreinering in wat die proses van gewigsverlies versnel, asook spierprogramme. Dan is daar ook verskeie aanvullings en rome wat deel is van die program.
Benewens bogenoemde behandelings bied Chakra Health and Skincare Clinic ook refleksologie, aromaterapie, manikure, pedikure, waksbehandelings, naelverlengings, Sweedse massering, warm klip terapie en talle ander skoonheidsbehandelings aan.
Vir meer inligting kan Michaela (081 293 8158 of michig@mweb.co.za) en Priscilla (081 261 8221) by Chakra Health and Skincare Clinic (061 225 365) gekontak word. Dit is by nr. 19 John Ludwigstraat in Klein Windhoek geleë.