Kollig


Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Grimeer met helder kleure



Saam met die lente en die somer, kom helder kleure en baie pret wat nuwe opwinding veroorsaak as ons soggens voor die spieël staan om te grimeer. Stap verby enige grimeerwinkel en jy sal oplet dat die rakke propvol helder, amper elektriese kleure grimering is wat ’n bietjie van die tagtigerjarige se skoonheidsgevoel terugbring.

Hoe jy die grimering aansit, hang af van die tipe kleure wat jy kies. Met bloue, pienke en groene kan jy speel deur byvoorbeeld verskillende skakerings daarvan op verskeie lae van jou oog te sit. Begin met die hoofkleur en gebruik dan ligter en donkerder skakerings van dieselfde kleur om dit af te wissel.

Moenie huiwer om gekleurde oogpotlood, selfs al is dit ’n ander kleur as die oogskadu, te gebruik nie. Pers oogpotlood aanvullend tot pienk oogskadu lyk baie goed, terwyl ’n lemmetjiegroen oogpotlood baie mooi saam met turkoois oogskadu lyk.

Wend die grimering liggies en netjies aan om dit nie te oordoen nie en rond dit met ’n paar lae swart maskara af. Maak ook seker jy kies die regte kleur blosser; ’n pienk blosser word nie aangeraai saam met pienk oogskadu nie.

Helderkleurige lippe kan ook gou die oog vang en kleure lipstiffie wat hierdie somer baie gewild is, sluit in ’n warm pienk en oranje, maar kies kleure waarvan jy hou en wat die beste by jou vel pas.

Jy kan ook glansverf opsit om jou lipstiffie te laat blink en langer te laat hou. Die sangeres Katy Perry (foto) gebruik graag helder lipstiffie en oogskadu en dit pas perfek by die lente- en somerseisoen.