
Die maandelikse vertoning van die Free Your Mind-komediespel is môre om 19:30 by Zenzo Lounge. Die tema is Baby Mamma en komediante wat uit-die-vuis-vertonings gaan lewer, sluit onder meer in Joh White, Slick the Dick, Jar Jar, Stifler en Wamboseun. Kaartjies kos N$30 by Universal Sounds en die Bank Windhoek Teaterskool en N$40 by die deur.