
Die Four Cousins is Hennie, Bussell, Neil en Phillip Retief.
Four Cousins se “light” wyn het die eerste gebottelde reeks in Suid-Afrika geword wat met Weigh-Less goedkeuring spog. Dit is ook nie die eerste keer dat ’n Four Cousins Light-wyn van ’n nuwe oesjaar te koop is nie. Die Four Cousins 2010 Light Natural Sweet Rosé is die afge- lope twee weke in die Suid- Afrikaanse handel beskikbaar en sal eersdaags ook hier te koop wees.
So ver as wat op akkurate wyse bevestig kan word, is hierdie ook die eerste wyn ter wêreld wat in 2010 vrygestel is. Vanjaar, tesame met die Four Cousins Extra Light White (beide met net 9% alkohol per volume), het die Four Cousins 2010 Light Natural Sweet Rosé die ekstra voordeel van die Weigh-Less stempel van goedkeuring, wat maklik herkenbaar is deur die bekende wit en groen etiket.
Phillip Retief, die besturende direkteur en een van die vier Retief-neefs wat die familie se Van Loveren-wingerde bestuur, is baie opgewonde oor hierdie nuwe vennootskap met Weigh-Less. “Die ligte wynmark in Suid-Afrika is nog in sy kinderskoene.
Dit behoort talle geleenthede vir groei te bied en gelyktydig ’n toegangspunt te skep vir nuwe verbruikers in die wynmark. Die Four Cousins Light-wyne behoort baie gewild te wees, met die huidige tendens tot meer ver- antwoordelike wynverbruik, leefstylveranderinge en natuurlik die laer kilojoules vir die ‘hartge- sonde’ verbruiker.
Ons is baie opgewonde oor die vooruitsigte van hierdie wyn en is trots daar- op dat ons met Weigh-Less ’n ven- nootskap aangegaan het om die eerste wyn van die jaar vry te stel.” Noel Barry van Weigh-Less het gesê die verslankingsmaatskappy is tevrede met die uitvloeisel van Four Cousins se ontwikkelings en veral die nuwe rosé, wat die eerste in hul reeks van Weigh- Less geëtiketteerde produkte is. “Weigh-Less-lede wat hou van wyn kan nou op ‘wettige’ wyse die Light Natural Sweet Rosé geniet!”
Die Four Cousins 2010 Light Natural Sweet Rosé bestaan uit 80% witmuskadel, 20% pinotage, 35g/l oorblywende suiker en 9% alkohol. Dit word deur die kel- dermeester beskryf as ’n vrug- tige wyn met ’n aromatiese mus- kaat op die neus en ’n oorvloed van bosbessie-geure. Dit sal jou tussen N$25 en N$30 per bottel uit die sak jaag.