21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.09.2010

Fisioterapie help vir Parkinson’s


Parkinson se siekte is ’n progressiewe degeneratiewe siekte van die sentrale senuweestelsel. Dit vind plaas as gevolg van die degenerasie en verlies van selle in sekere dele van die brein.

Van die kenmerkende eienskappe van Parkinson se siekte is:

• Bewing of rukking wanneer met rus. In vele mense begin Parkinson se siekte met ’n bewing in die hand wanneer die hand stil is; die bewing verdwyn wanneer die persoon sy of haar hand doelgerig beweeg en tydens slaap. Die bewing kan later ook na die ander hand en na die arms en bene versprei.

• Probleme om ’n beweging te begin, of vertraagde beweging;

• styfheid van die spiere, wat beweging nog moeiliker maak;

• ’n vorentoe geboë postuur;

• swak balans;

• onbeheerbare ritmiese bewegings kan vererger deur emosies, opgewondenheid of uitputting; en

• daaglikse take soos knope vasmaak en skoenveters knoop, raak al hoe moeiliker namate die kleiner handspiere verswak.

Fisioterapie het ’n belangrike rol in die behandeling van Parkinson se siekte en is gerig op die versterking van die persoon se liggaam en om beweging en beweeglikheid te behou.

Die geaffekteerde persoon sal ’n reeks bewegings aangeleer word om alledaagse aktiwiteite makliker te maak (bv. omrol en uitklim uit bed) en bruikbare strategieë gegee word wat kan help om hul loopgang minder “skuifelend” te maak.

Kontak ’n fisioterapeut vir meer inligting oor die behandeling van hierdie toestand (in die telefoongids onder “Medical Listings”, bl. 94 en 95). Geen verwysing is nodig nie.