Erkende kwalifikasies by Isa Carstens

DIE Isa Carstens Health & Skin Care Academy, wat internasionaal erkende kwalifikasies aanbied, is van 11 tot 13 Junie in Windhoek by 'n loopbaanuitstalling wat by die Hoërskool Academia plaasvind.
In 'n mededingende wêreld is dit noodsaaklik dat die studierigting waarop jy besluit, jou deur middel van eersteklas opleiding toerus vir 'n sinvolle loopbaan, asook die sekuriteit van internasionaal erkende kwalifikasies bied.
Die Isa Carstens Health & Skin Care Academy, wat vanjaar 29 jaar oud is en gegroei het van 10 studente tot 204 voltydse studente en 'n derdejaarkursus, bied al dié voordele en nog meer. As die bekende Isa Carstens Academy jou as velsorgterapeut oplei, kan jy verseker wees van opleiding van die hoogste internasionale standaard.
Verskeie hoog aangeskrewe nasionale en internasionale diplomas word na die suksesvolle voltooiing van jou kursus aan jou toegeken.
Interne kwalifikasies:
Diploma in Health and Skin Care (ID 48413)
Advanced Diploma in Health and Skin Care (ID 48414)
Spa Therapies and Management Course (opsionele derdejaarskursus)
Internasionale kwalifikasie:
EDEXCEL INTERNATIONAL BTEC (UK NQF gebaseer) - Isa Carstens is die eerste in Suid-Afrika wat hierdie internasionale kwalifikasie in skoonheidsterapie aanbied.
CIDESCO (erken in 33 lande wêreldwyd, met sy hoofkantoor in Zürich).
CIBTAC (Britse vereniging, met sy hoofkantoor in Londen).
SAAHSP (South African Association of Health and Skincare Professionals).
Die Isa Carstens Nail Academy het in Februarie 2002 as 'n afdeling van Isa Carstens begin en bied intensiewe opleiding in naeltegnologie asook manikure en pedikure. Verskeie toepaslike teoretiese vakke vorm deel van dié kursus.
Die naeltegnologie-kursus sluit alle produkte en toerusting in wat na afloop van die kursus die student se eiendom bly. Die kursus is die beste manier om in jou toekoms te belê, omdat jou kursusgeld dadelik 'n wins kan toon.
Die Isa Carstens Academy is in die pragtige Stellenbosch geleë en studente gaan tuis in die moderne Isa Dameskoshuis wat net vyf minute se stap van die akademie is. Die koshuis en studente skakel ook ten volle in by die program van die Universiteit van Stellenbosch ten opsigte van die karnaval, sport en ander studente-aangeleenthede.
Die kursusse handhaaf 'n hoë standaard op beide die praktiese en teoretiese vlak en berei die student voor vir 'n wye keuse van werkgeleenthede, soos byvoorbeeld 'n eie besigheid; werk op passasierskepe as 'n terapeut/naelterapeut; of werk in klinieke, op gesondheidsplase, apteke, hotelle en kosmetiekhuise.
Pas-gekwalifiseerde studente kan berus in die wete dat hul kwalifikasie hulle ten volle toerus vir 'n loopbaan in gesondheids-, velsorg- en naelterapie in Suid-Afrika asook oorsee.
Besoek gerus die webblad www.isacarstens. co.za vir meer inligting.

Kategorie: