15.04.2004 Duskant die einders deur Lina Spies
LIEFHEBBERS van Lina Spies se poë-sie sal in haar nuwe bundel van die bekendste temas in haar werk terugvind: reis, herinnering, skilderkuns, liefde, die "spanning" tussen Nederland en Suid-Afrika. Die visuele element in haar werk is egter nog sterker en daar is ook 'n nuwe, ironiese kyk op institusionele godsdiens, soos "Die geloofs-belydenis van 'n af-vallige" getuig. Die "blik op dinge" is nou "verder" en meer beleë, soos die titel suggereer - van die kleinste tot in die oneindige, die ewige in. Aan-grypende, lees-bare gedigte.
In 'n evaluering van hierdie digter se werk, skryf Etienne Britz dat Lina Spies in haar gedigte die sen-timente en die menslike pro-bleme van baie poësielesers tot uitdrukking gebring het, en daarom ook 'n besonder gewilde digteres is (Perspektief en profiel).
Duskant die ein-ders is haar eer-ste bundel sedert Die skaduwee van die son, wat in 1998 verskyn het.
Lina Spies se eerste digbundel, Digby Vergenoeg, het in 1971 verskyn en is bekroon met die Ingrid Jonker- én Eugéne Marais-pryse. Tot haar onlangse aftrede was sy hoogleraar aan die departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch. Duskant die einders is haar agtste digbundel.
Duskant die einders (ISBN: 0798144068) is deur Human en Rous-seau vry-gestel en kos N$89,95.
|