24.07.2008
© Wiebke Schmidt
Die Windhoeker Männerchor bied op Saterdag 9 Augustus om 19:00 sy 100ste herdenkingskonsert by die Kollege vir die Kunste aan. Die program word mooi aangevul deur die deelname van die kollege se jeugkoor. Kaartjies kos N$40 (N$20 vir kinders en pensioenarisse) en is beskikbaar by House of Arts (Maerua Mall) of Medisun Apteek (Wernhil). Skakel Harald Müseler by 081 129 6765 vir meer inligting.