21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.03.2010

Die knal-lekkerste wetenskapboek in die heelal

deur Claire Watts, Liza Swerling en Ralph Lazar


Die heelal is ’n enorme laboratorium! Die Slimkoppies se volgende avontuur neem lesers op ’n wilde ontdekkingsreis terwyl hulle die wetenskap agter alles wat om ons gebeur, ondersoek. Vind uit wat kruip in donker materie weg, waarom niemand jou in die ruimte kan hoor gil nie en hoe presies ’n mens ’n atoom verdeel.

Ontmoet ’n klomp superhelde van die periodieke tabel wat die mag van die elemente met hulle saamdra en gaan dan na ’n chaotiese restaurant met chemiese reaksies op die spyskaart! Daar is so baie om te ontdek, van die borrel en bruis van chemie tot die fenomenale krag van fisika. Dis ’n ontploffing van wetenskaplike lawwigheid!

Claire Watts het al verskeie boeke geskryf oor onderwerpe soos die wetenskap, biologie, geskiedenis en aardrykskunde. Grafiese ontwerper Liza Swerling woon in Londen en is die medestigter van Last Lemon Productions. Ralph Lazar het sy graad in Regte en Ekonomie aan die Universiteit van Kaapstad behaal.

Hierdie is die derde titel in ’n reeks wat reeds baie gewild is. Ander titels is Hoe ons wonderlike liggaam werk en Die wonderlikste atlas in die hele, wye wêreld. Die knal-lekkerste wetenskapboek in die heelal (ISBN: 9780798151238) is deur Human & Rousseau vrygestel. Dit kos sowat N$155.