21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.09.2010

Die God van Genesis

deur Prof. Willie Esterhuyse


Prof. Willie Esterhuyse se nuwe boek, Die God van Genesis, word vandag by die Unam-biblioteek se videokonferensiesentrum om 18:00 bekendgestel. In Die God van Genesis gee Willie Esterhuyse ’n verrassende nuwe leeservaring van hierdie ou verhale.

Hy vertel in sy gemaklike styl waarom hy dink al die stories in die Bybelboek Genesis – vanaf Adam tot Abram – moet as singewende stories gelees word. Dit wil sê stories wat vir ons vandag wil sê wat die verhouding tussen God, mens en wêreld kán en behoort te wees.

Dit is dus nie stories wat as “historiese” weergawes van wat in die verlede gebeur het, gelees moet word nie, maar as universele verhale oor die toekoms. Waar Willie Esterhuyse in sy vorige topverkoper God en die gode van Egipte werk met die verhale uit die land van die farao’s, gebruik hy in Die God van Genesis die bekende verhale van die Bybel.

Op sy besondere onderhoudende manier vergelyk hy die Genesis-verhale met ander vroeëre én latere stories in die wêreldkultuur. Dis ’n moet-lees vir enigiemand wat ooit gewonder het wat nou eintlik aan die begin gebeur het. Die boek word deur On the Dot Verspreiders (ISBN: 9781920460099) versprei.