21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.09.2010

Building Bridges: Namibian Nationalists


Israel Goldblatt se boek Building Bridges: Namibian Nationalists, Clemens Kapuuo, Hosea Kutako, Brendan Simbwaye, Samuel Witbooi word komende Dinsdag om 18:00 by die Nasionale Argief in Eugene Marais straat bekendgestel.

Die boek speel af in die sestigerjare in Windhoek, waar die 34-jarige politikus Clemens Kapuuo aan die senior advokaat Israel Goldblatt se deur klop om raad te vra oor die struikelblokke wat Afrikane daagliks onder die apartheidsregime in die gesig staar.

’n Ongewone verhouding en vriendskap ontwikkel, een wat rassegrense oorsteek en vir amper ’n dekade lank hou. Hosea Kutako, Bartholomews Karuaera en Levy Nganjome het ook op talle geleenthede saam met Goldblatt vergader en deur Kapuuo het Goldblatt ook vir Samuel Witbooi ontmoet en gehelp met berading van ’n gevangene vanuit Caprivi, Brendan Simbwaye.

Die skrywer se notas oor hierdie ontmoetings is eers na sy dood ontdek en vorm die grondslag van sy boek. Dit word aangevul met bykomende biografiese inligting en aantekeninge wat sy notas histories en polities maak.

Hierdie boek, geïllustreer met talle foto’s, is ’n huldeblyk aan Israel Goldblatt en die Namibiese nasionaliste wat probeer het om brûe te bou waar apartheid rassisme en agterdog verskans het.

Die boek is deur Basler Afrika Bibliographien in Switserland gepubliseer (ISBN 978-3-905758-16-0). Dit word plaaslik deur Demasius Publications versprei.