Kollig


Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Beskerm jou vel hierdie somer


Gister was Lentedag en met die warm weer wat ons die afgelope paar dae ervaar, weet ons somer klop aan die deur. Wees kleurvol en vrolik hierdie seisoen, sonder om jou gesondheid af te skeep en jou vel te beskadig.

Drink baie water om hitte-uitputting te vermy. Begin elke dag met ten minste een groot glas water. Voor jy die son trotseer, drink sommer nog ’n glas water. Dit sal help om jou vel van binne af te hidreer. Gebruik sonskerm van SPF15 daagliks oor jou gesig en lyf om velkanker te voorkom.

Behalwe dat die risiko vir velkanker verhoog word, beskadig sonstrale ook jou vel en veroorsaak vroeë veroudering. Gebruik liefs ’n sonskerm vir doeltreffende velsorg. Beskerm jou oë deur ’n groot sonbril te dra. Blootstelling aan die son verhoog die kanse dat katarakte in jou oë ontwikkel.

Dit is wys om ’n hoed te dra en jou hele gesig en nek ook te beskerm. In die somer is jou vel geneig om meer olierig te raak en dus sal meer puisies begin kop uitsteek. Probeer om velprodukte te gebruik wat water as ’n basis het en nie olie nie. Wees kleurvol.

Omlyn jou oë met ’n helderkleurige oogskadu soos pers of turkoois. Vir ’n bietjie meer glans, probeer ’n gekleurde maskara. Gedurende die dag kan jy gekleurde glansverf op jou lippe gebruik omdat dit meer informeel is, maar saans kan jy gerus lipstiffie opsit.

Gooi sommer nou al ’n buisie aalwynjel in jou handsak. Dit is ideaal om op ’n seer, rooi vel te smeer na ’n dag op die strand en dis ’n olievrye room wat jy op jou gesig en lyf kan smeer.