
Koos van Ellinckhuijzen
Namibian Mountainscapes, ’n versameling skilderye deur bekende kunstenaars met plaaslike berglandskappe as tema, is op die oomblik by Artelier Kendzia in Windhoek te sien.
Kunstenaars wie se weergawes van bergreekse te sien is, sluit in Archie van der Ploeg, Koos van Ellinckhuijzen, Eberhard von Koenen, Carl Ossmann, Heinz Pulon, Joseph Madisia, Johannes Blatt en Ulrich Schwanecke.

Joseph Madisia
Die grootste werk is “The Pontok Mountains” deur Uli Aschenborn. Die uitstalling kan tot 31 Maart besigtig word. Uitsoekwerke is te koop.
Artelier Kendzia is in Volansstraat 14 in Windhoek-Wes geleë.
Openingstye is deur die week vanaf 09:00 tot 13:00 en 14:00 tot 17:00 (Vrydag net tot 16:00). Skakel 061 225 991 vir afsprake na-ure.