21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.03.2006

Atoomdood deur Namibiese lens

"SOULSEARCHING… powerful… evocative… thought-provoking… beautiful and strange… profound and necessary… disturbing in some respects, uplifting in others… the human condition in all its horror and glory… deserves a broader audience…"
Dit is kommentaar wat besoekers oor Amy Schoeman se Hiroshima Namibia-uitstalling gelewer het wat in Desember in die Galerie Rapmund in Swakopmund te sien was ter nagedagtenis van die sestigste herdenking van die bomaanvalle op Hiroshima en Nagasaki in 1945.
Die uitstalling word vandeesmaand weer aangebied as die eerste geleentheid van die 2006 Bank Windhoek Kunstefees. Dit word vanaand by Studio 77 in die Ou Brouery-kompleks deur prof. André du Pisanie geopen.
Studio 77 is 'n fotografie-ateljee en uitstallingsruimte wat onlangs geopen het. Benewens professionele fotografiedienste dien dit ook as gasheer vir 'n verskeidenheid geleenthede soos slypskole, musiekuitvoerings en uitstallings.
Die ateljee, wat toegang-klik is vanaf Gartenstraat, is deel van 'n nuwe kreatiewe ruimte wat ontwikkel word onder leiding van die Ohlthaver & List-groep. Trekpleisters sluit in 'n groot fontein, 'n restaurant asook kuns- en kunsvlytmarkte wat mooi by die bestaande gimnasium, dansateljee en wewery aansluit.
Amy Schoeman is die eerste fotograaf om in Studio 77 uit te stal.
Hiroshima Namibia is gegrond op die gedig "Ghosts, Fire, Water" deur die Japanese kunstenaars Iri Maruki en Toshiko Akamatsu. Dit is 'n persoonlike geskiedens van pyn en verlies, wat 'n verlange na vrede en harmonie uitspreek.
Die beelde hou verband met temas wat vervat word in die nege strofes van die gedig: die wreedheid en onmenslikheid van moderne oorlogvoering, lewensverlies op 'n jong ouderdom en die veronderstelling dat liefde vir mekaar die enigste wapen is wat oorlog kan verhoed. Vensters en kruise is herhalende simbole.
Die uitstalling is weeksdae van 09:00 tot 17:00 te sien en Saterdae van 09:00 tot 12:00. Dit kan ook Sondae besigtig word mits dit vooraf met die fotograaf (081 124 6274) gereël word.
Dit uitstalling duur tot 16 Maart.