21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.08.2010

Afrikaans kook by NTN



Afrikaans kook vir die volgende maand by die Nasionale Teater van Namibië (NTN), met groot name soos Randall Wicomb, Joe Barber, Emo Adams, Altus Theart, Marion Holm en Namibië se eie Serverius Majiedt, wat hul slag op die verhoog kom wys.

Teatergangers kan uitsien na ’n propvol Afrikaanse Teater- en Kultuurmaand in September by die NTN en vanaf 2 tot 25 September sal daar in die hoofstad geen tekort aan skreeusnaakse, musiek- en eenmanvertonings van formaat wees nie. In die eerste week van September sorg Randall Wicomb en die plaaslike Mascato Jeugkoor met die musiekvertoning Voete van ’n Gemsbok vir vermaak.

Dit word opgevolg met Emo Adams se immergewilde verhoogstuk, Emo en sy Band. Moenie die skreeusnaakse Joe Barber misloop nie, wat ’n uit-die-vuis- vertoning soos min lewer.

Daarna vermaak Altus Theart die gehore met sy eenmanvertoning, Hoe ’n Man se Kop Werk en kort op sy hakke volg Marion Holm se Met die Holm Gebore. Laaste, maar beslis nie die minste nie, is die plaaslike komedieproduksie, Lag jou Pap – Taai-koens van die vyftal Severius Majiedt, Clement Kloppers, Stephen Nell, Shorty Beukes en Abraham Bakker, wat teatergangers altyd laat skaterlag.

Kaartjiepryse wissel tussen N$50 en N$100 en kan bespreek word by 061 234 633. Hou Kollig se bladsy 7 dop vir die onderskeie vertonings se datums en tye.