Kollig


Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

11.03.2010

Aardverhitting duur voort


Yskoue weer duur in Europa voort.

Die tempo van aardverhitting duur ongehinderd voort ten spyte van Europa en gedeeltes van Amerika wat deur ysige koue gekniehalter word, het wetenskaplikes gesê. Die bittere koue, met nog intense winterweer wat vir die komende maand vir sekere streke van Amerika voorspel word, het by sommiges die vraag laat ontstaan of aardverwarming opgehou het.

Kennis oor die algehele toestand is noodsaaklik om die verbruik van energiebronne te bereken, soos die aanvraag na olie vir verhitting in Amerika, asook die impak daarvan op landbouproduksie. “Dit word nie oral dieselfde warm nie, maar dit is werklik uitdagend om plekke te vind wat nie in die afgelope 30 jaar warmer geword het nie,” het Australië se veteraan klimaatkenner, Neville Nicholls, gesê.

“Volgens satellietinligting was Januarie die warmste wat ons nog beleef het. Verlede November was die warmste November nog, en November tot Januarie as geheel, was die warmste wat die wêreld nog beleef het,” het hy gesê oor die satellietinligting wat sedert 1979 opgeteken is.

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie (WMO) het in Desember gesê dat 2000 tot 2009 die warmste dekade was sedert re- kords in 1850 begin hou is, en dat 2009 waarskynlik die vyfde warmste jaar nog was. WMO inligting dui daarop dat agt uit tien van die warmste jare wat nog opgeteken is, almal in die laaste tien jaar voorgekom het.

Engeland se amptelike voorspeller, die Britse Metkantoor, het gesê ernstige wintertemperature soos hierdie jaar s’n – een van die koudste winters wat die land in die afgelope 30 jaar beleef het – word al hoe meer raar weens die algehele verwarming sneiging.

Wetenskaplikes sê aardvernitting is nie in alle streke dieselfde nie en klimaatmodelle voorspel waarskynlik groter uiterstes van koue en hitte, vloede en droogte. Die wetenskaplikes het ook die VN se klimaatpaneel verdedig nadat ’n fout gepubliseer is in ’n 2007-verslag oor die tempo waarteen gletsers in die Himalajas smelt.

Die Interregeringspaneel oor Klimaatverandering (IPCC) lewer verslae gegrond op die werk van duisende wetenskaplikes wat die hoof riglyne is vir beleidmakers wat besluite oor aardverhitting moet neem. Toe die fout ontdek is, het klimaatstwyfelaars groot bohaai daaroor gemaak.

Die verslag het verkeerdelik gesê dat Himalaja se gletsers almal teen 2035 sou smelt – ’n skynbaar tipografiese fout wat gespruit het uit die gebruik van “grys literatuur” buite hersiene wetenskaplike joernale. Nicholls het gesê grys literatuur kan ’n sleutelrol in die klimaatdebat speel en dat waardevolle data of verslae nie net in formele joernale gepubliseer word nie.

Sulke voorbeelde sluit in verslae oor ekstreme weerpatrone deur metereologiese agentskappe van verskeie regerings. “Die IPCC sluit nie die gebruik van grys literatuur uit nie, aangesien dit dom sou wees om oor ekstreme te gesels en om nie hierdie soort literatuur in te sluit nie,” het hy gesê.

Die wetenskaplikes het gesê dokumente sou strenger nagegaan word vir die volgende IPCC-verslae, maar dat die insluiting van een of twee verkeerde vooruitsigte nie die hele IPCC-proses sou ondermyn nie, aangesien dit ’n wetenskaplike studie is wat voortdurend ontwikkel.

Nampa en Reuters