21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.03.2010

Aandag jong tekenaars

’n Internasionale tekenkompetisie vir die jeug ter viering van Internasionale Vrouedag is vroeër hierdie week deur die Europese Kommissie van stapel gestuur. Nou maak die organiseerders staat op ouers, voogde, skoolhoofde, onderwysers, streekkantore van die Ministerie van Onderwys en maatskaplike werkers om die boodskap onder jong mense te versprei.

Die goeie nuus is dat N$10 000 op die spel is vir die wenner van die Afrika-, Karibiese en Pasifiese (ACP) streek. Verlede jaar het die agtjarige Katja van die Primêre Skool Sikanduko in die Kavango-streek met die louere vir hierdie streke weggestap.

Die idee is dat kinders iets moet teken wat hul visie uit- beeld oor die kompetisie se tema, naamlik: “Once upon a time, there was a girl and a boy; together they wanted to make the world a better place…” Kinders word aangemoedig om ’n onderskrif by hul tekening te voeg, hoewel dit nie meer as vyf reëls lank mag wees nie en dit moet onder die prentjie aangebring word.

Hulle moet ook hul naam en van, ouderdom, klasverband en skooladres agter op die tekening aanbring. Verlede jaar het meer as 23 000 kinders van 60 lande aan die kompetisie deelgeneem waaruit 14 wenners aangewys is. ’n Boekie met die tekeninge is daarna gepubliseer en die werke is ook in Rabat, Marokko, uitgestal.

Die sperdatum om tekeninge vir vanjaar se kompetisie in te dien, is 25 April 2010. Vir meer inligting kan die Afvaardiging van die Europese Unie by 061 202 6205 of besoek http://delnam.ec.europa. eu/competition.html