Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Suiderland 07 Oktober

Kollig 2 Oktober

Windhoek skou

Motor 26 September

Noorderlig 23 September

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

6.06.2008

Vriendehaat maak beurtkrag


BEURTKRAG, vreemdelingehaat, aardverwarming en politieke verwarring kry daagliks in Namibië ‘n ander betekenis.

• Beurtkrag is blykbaar wanneer die munisipaliteit besluit wanneer senior politieke leiers, onder wie die burgemeester, uiteindelik‘n beurt nodig het om rekeninge te betaal. En die eerste Namibiese vlugtelinge van Suid- Afrika se vreemdelingehaat het in Namibië aangekom waar hulle met hul families en vriende in die Noorde van “Swapo-vriende” herenig sal word.

• Politiek van vriendelike vyandskap en vyandige vriendskap weens broedertwis.

• Intussen blyk dit dat aardverwarming tot politieke verwarring lei waar die enkele breinsel van Swapo se agtergeblewe aktiviste met sonkrag oorlaai word, want hoe warmer die atmosfeer word, hoe warmer word Swapo-broers vir mekaar.
Pohamba-‘awol’
 
Dit kom voor asof die Staatshoof, mnr. Lukas Pohamba, vooraf kennis gehad het van die verleentheid wat twee van sy verwante onafhanklik oor verskeie fronte gaan veroorsaak het en hy daarom Asië toe uitgewyk het.

• Gelyktydig met ernstige vermanings deur mnr. Pohamba van sy enkele enersdenkende leierskap asook die leierskap van die invloedrykste tradisionele owerhede aan Swapo-leiers om nie tradisionele owerhede by die broedertwis by te sleep nie, trek ‘n ander Pohamba die Kwanyama-derms uit deur die hele stam en leierskap as gewoonteverraaiers vanaf 1917 te beswadder.

Nog ‘n ander Pohamba-broer is ‘n week tevore weens beweerde dronkbestuur aangekla en kan dalk politiek as verskoning aanvoer, maar die politieke broer kan sekerlik nie dronkbestuur vir sy uitlatings blameer nie.

• Wat is sy verskoning? Onderlinge wantroue weens skynheilige onderlinge vertroue?
Suide-ondersoek
 
Asof die verdeeldheid nie erg genoeg is nie, word ‘n Swapo- taakspan vandeesweek onder leiding van die visminister, dr. Abraham Iyambo, op ’n feitesending deur die Suide gestuur om te bepaal hoekom die Swapo- regering teen die Swapo-ondersteuners van Karas diskrimineer.

• Iesh? Namibiërs was onder die indruk dat die mense in die Suide so ver van mekaar af bly dat hulle nie kan stry nie, maar hulle het nie geweet dat Namibië so ver van die Suide af is dat niemand dit in 18 jaar kon agterkom nie.

• Dr. Iyambo is nou die leier van die hoeveelste Swapo-afvaardiging na die Swapo-verdeeldheid Suide toe. Hy moet net sy pas inpak indien me. Katrina Hanse hom voorkeer of hy moet haar vra of hy deur Hardap mag ry.

• Hulle moet dalk ‘n ompad vat en ‘n draai by die Adjunkvisminister, ene Kilus Nguvauva, se Omaheke-werf gaan maak wat volgens New Era, die staat se amptelike mondstuk, deur ‘n San-vrou aangekla word van wanbetaling, misbruik en algemene mishandeling en hy haar na 30 jaar as “familielid” weggejaag het omdat sy raas.

• Kerneels was nie bewus dat daar sedert onafhanklikwording ‘n groter raasgat as Nguvauva in Omaheke was nie en hy moet nou hoor die Nguvauva-huishoudster raas harder.

• Etsê! Mnr. Pohamba moet maar nog ‘n bietjie in die buiteland kuier, sy kamerade is besig om die land onder sy Pohamba uit te baklei.

• Hy moet eers huis toe bel voor hy terugkom sodat hy kan uitvind watter faksie hom op die lughawe gaan ontmoet, indien enige!
Wysheid in grysheid
 
Mnr. Pohamba se gawe van profesie en reis na die Ooste het hom ook gered van Robert Mugaberitis by die VN-voedselberaad in Italië.

• Die internasionale gemeenskap het dalk verward geraak tussen ‘n rysverbod en ‘n reisverbod en Mugabe onder die rysverbod toegelaat, terwyl hy teen homself ‘n reisverbod moes instel. Voer seker die Chinese in om by die ryspot uit te kom.

• Die Italiaanse mode-ontwerpers kan gerus ‘n Mugabe-”straightjacket” vir die modeverslaafde politieke leierskap van onbevoegdheid se voete en monde ook ontwerp, want hul gawe om hulself met altwee hande in hul Gucci-pakke se sakke in hul kalfsleerskoene deur beide voete te skiet, word net oortref deur hul gawe om te koop, terwyl die volgelinge hoop?

• “Buffoon”?
Mugabe-verleentheid
 
Waar Italië die gashere was van ‘n internasionale poging onder leierskap van die VN om die koskrisis aan te spreek, was sy blote teenwoordigheid genoeg rede vir sy Italiaanse gashere om hom van ‘n gastelys van ‘n Burlesconi-premiersete te skrap.

• Die Mugabe-gevolg is waarskynlik min gepla en dink dat ‘n Burlesconi-ete ‘n soort pasta of pizza is. Nou kan Mugabe gelukkig weer ‘n Kentucky besoek, want hoenders is in sy land skaarser as hul tande.

• Blykbaar is die Mugabe-toergroep oortuig dat macaroni geoes word uit gate wat in die grond geplant word, mieliepitte self na die water loop en die voëltjies agteruit moet vlieg om rigting te hou.
Mugabe-pitte raas
 
Volgens hierdie uitgebakte politieke verleentheid plant sy land nou oneetbare pitte vir petrol om te keer dat kos vir petrol gebruik word.

• Dit klink vir Kerneels eerder of die oneetbare pitte deur Mugabe en sy raadgewers gerook word, daarom dat hulle nie deur die rookwalms kan sien watter drogbeelde die werklikheid van Zimbabwe is nie? Wat nie in Zimbabwe geëet kan word nie, moet blykbaar in rook opgaan.
Maleise besoek
 
Anders as die Mugabe-besoek, was die Pohamba- besoek aan Maleisië volgens die staat se nuusagentskap, Nampa, ‘n werksbesoek.

• Dit moes na die Ramatex-stakings en -sluiting vir Maleisië ‘n skok gewees het om te hoor dat daar nog ‘n Namibiër oor is wat wil werk en dat hy boonop bereid is om al die pad Kuala Lumpur toe te kom vir ‘n besoek om te werk. Kerneels wil nie pessimisties klink nie, maar na die verskillende Maleisiese ontwikkelingshulppogings, onder wie Bin Jaafar van Air Namibiafaam, moet Namibië dalk vir die land begin hulp aanbied om die skade van die vorige Maleisiese hulp te herstel.

• Met sulke vriende het Namibië nie veel meer vyande nodig nie.

• Net die ANC-regering in Suid-Afrika is swakker vriende deur toe te laat dat sy eie kriminele hul Namibiese broeders uit die land jaag en boonop oor die Oranjerivier – waarvan die middel nie eens as die grens deur Suid-Afrika erken word nie.

• As ‘n finale belediging vra mnr. Mbeki vir sy Nigeriese ampsgenoot om verskoning vir sy land se pligsversuim en wangedrag met die vreemdelingsaanvalle, maar nie vir Namibië nie?

• Dink Suid-Afrika Keetmanshoop is sommer die hoofstad van Kaapstad, want Namibiërs glo nou Kaapstad is eerder ‘n voorstad van Keetmanshoop? • Of dalk net ‘n stat?