Market indicators


8 Februarie 2012

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

15.01.2010

Tienktenk se dampe maak dronk

© Republikein, Gene Travers
Kerneels
GOEIE maniere en tradisie vereis dat elke inwoner van die land, selfs die onverdienstelike handjievol selfverrykers, korruptes, nepotiste en politieke botjotjos ’n voorspoedige Nuwejaar toegewens moet word.

Met die formalilteite uit die pad, wens Kerneels die res van Namibië ’n besondere Nuwejaar – sonder van die gewoonte-oortreders van nasionale pligsversuim – toe.

• Kerneels hoop 2010 is die jaar waarin die faksieleierskappe van Swapo sal besluit wie in beheer is, want Namibiers sal graag leiers wil sien wat minder Dax-praat en meer Daxe oor die mense so koppe sit. Anders is die groendaxies in 2010 uiteindelik almal se voorland.
Silwerwolke met donkerbuie
 
Elke donker wolk het ’n silwer randjie en met die demokrasie en verkiesings is dit nie veel anders nie.

• Namibiërs kan met alle eerlikheid – iets wat die leierskap nie verstaan en daarom nie kan “copy” nie – teenoor hulself erken dat die hofgeding van nege politieke partye teen die Verkiesingskommissie nie onverwags is nie, maar maande lank teen gewaarsku is. Wat wel onverwags is, is dat die voorsitter van die kommissie, mnr. Victor Tonchi, dit weer kon regkry om nie naby die vuur van slepende onbevoegdheid rondom die direktoraat te wees nie.

• En mnr. Tonchi het nie eens soos Ndjarakana op verlof gegaan om weg te staan van die skandaal wat al die afgelope tien jaar Namibië op verskeie wyses beleër nie. Dit is verbysterend dat die kommissie wat amptenare voor die verkiesings weens dronkenskap moes afdank, met die oorblywende nugter personeel so ’n gemors daarvan kon maak.

• Daar is boere op Ndjarakana se tuisdorp wat beweer hy het meer beeste as wat daar kiesers by sekere stembusse opgedaag het, terwyl Namibië volgens oormatige stemme meer mense het as wat daar ryskorrels in China is. Geen wonder die water dam in die Noorde op nie. Die mense is volgens die kommissie so baie en so swaar dat al die water in die land – van die Karasberge tot die Kalahariduine en nog ’n deel van die see by Swakopmund na Owambo afloop.

• Volgens die direktoraat van verkiesings is daar nie mense in Namibië nie. As jy die pensionarisse van die kiesers aftrek en dit deur die graad 10-druipelinge deel nadat dit met die graad 12’s gemeng is en die Swapo Jeugliga en vakbonde se tweederdemeerderheid in die tronk daarvan afgetrek is, is dit geen wonder dat daar Swapoleiers is wat optree asof mnr. Sam Nujoma nog die president is nie.

• Hy is al kieser, enigste kandidaat en ’n volle parlement. Kerneels is nou bekommerd dat die direktoraat die verkeerde mense vir dronkenskap afgedank het en dink van die onbekende verifiëringspunte was in cucawinkels, want volgens die uitslaemoes die helfte van die stemtellers dubbel gesien het.

• Nou verstaan hy die gemors rondom die Omuthiya-, Eenhana- en Hainyeko-tussenverkiesing wat tussen die howe en boikotte plaasgevind het, baie beter. Dit is net ’n vreemdeling in Jerusalem en mnr. Tonchi wat nie die jongste chaos rondom die Verkiesingsdirektoraat voorsien het nie.

• Dalk is mnr. Tonchi self die legendariese vreemdeling in Jerusalem.
Publisiteitsmalligheid
 
Dit is meer verbysterend dat Swapo in ’n hofgeding tussen die ECN en nege politieke partye die afgelope dae hulself aanmeld en ongenooid aantree as hoofbeskuldigdes in ’n hofsaak waarvan hulle maar net een van die respondente is.

• Raas die leë blikke nou uit gewoonte of weens verslawing aan publisiteitshondsdolheid wat deur hul NBC politieke kaders aangejaag word. Gee wonder die makste honde byt nou onder mekaar met die kop van die direkteur-generaal, die derde binne ’n jaar – mnr. Mathew //Gowaseb – wat moet rol.

• Dat hy boonop uit ondankbaarheid ’n onsmaaklike verrassing gekry het van sy medetienktenker en baas van Swapo se Namibia Today, ene Asser Ntinda, se aanslag op hom en die NBC kon hyself in sy wildste drome nie “getienk” het nie. Swapo se “tienktenk” kan nie eens saam dink nie en beskinder mekaar van RDP-infiltrasie en dan wil hulle die land oortuig om met leiers saam te werk wat mekaar in die rug steek en altyd so 45 cm bo die hakskeen byt.

• Daai “behind” waarmee mnr. Nujoma so ’n obsessie het. Eshenge?
NBC binnegevegte
 
In ’n bittere ironie en die toppunt van rugstekery is die NBC en sy stormpioniers in Swapo reeds besig met ’n komplot oor die //Gowasebopvolger by die staatsinstelling.

• Nou moet mnr. //Gowaseb agterkom dat sy mede-denker op Swapo se intellektuele vereniging, Asser Ntinda, eintlik kompetisie is. En asof dit nie erg genoeg is nie, hoor mnr. //Gowaseb en Namibië dat sy baas, die voorsitter van die NBC-raad, ene me. Frieda Shimbuli, ook sy pos wil hê? As me. Shimbuli een van die kandidate is om as direkteur-generaal onder haarself as voorsitter van die NBC-raad te werk, kan dit seker nie oor status gaan nie?

• Kaipo mariba? Wil me. Shimbuli nie haar “struggle-CV” bietjie bekend maak nie. Sy lyk nie vir Kerneeels soos iemand wat in “exile” was nie, maar in “exit”.

• Soos sy lyk, sou sy eerder in “exile” op Swapo se Lubango-kortlys gewees het. Na 20 jaar is dit ’n historiese feit dat mense oor “looks” in die gate gegooi is of hulle “djakkallas” en plaas van “jakkars” sê, of “lamoen” in plaas van “ramoen.”

• Etsê!
Propaganda-ministerie
 
Die Minister van Inligting, mnr. Joël Kaapanda, moet ’n wag voor sy mond begin sit of Swapo moet vir hom een aanstel, want hy skiet homself elke keer in die voet met sy hande boonop in sy broeksakke wanneer hy sy mond oopmaak. Net gister demonstreer die agbare Minister van Inligting oor hoe min inligting hy oor sy leierskap beskik.

• Was hy saam met mnr. Ndjarakana met verlof? Swapo se sekretaris-generaal, me. Pendukeni Iivula-Ithana, toevallig ook Minister van Justisie en mnr. Kaapanda se “miesies”, kondig ’n paar dae gelede aan dat Swapo bereid sal wees tot ’n nuwe verkiesing as die hof so besluit en sy vermaan op ’n uiters verantwoordelike wyse die inwoners van die land en politieke partye om nie die verkiesingshof vooruit te loop nie. Mnr. Kaapanda besluit egter ’n paar dae later nie net anders nie, maar help sommer sy Minister en sekretaris-generaal reg deur die opposisiepartye te vra om regstappe te heroorweeg (terugtrek).

• Die hof is nie nodig om oor verkiesings te besluit nie. Swapo kan nie eens kandidate vir Okahandja se kiesafdeling aanwys sonder om onder mekaar agterdog te saai nie. Hulle kan nie eens oor ’n burgemeester op Mariental ooreenkom nie, maar wil Namibiërs van ’n nasionale verkiesing oortuig. Ingeval mnr. Kapaanda en Kie. van Omusa-kie dit nie weet of besef nie. Niemand betwis die presidensiële uitslae van Swapo se kandidaat, mnr. Hifikepunye Pohamba, nie. Dalk is daar leiers in Swapo wat daaroor kwaad is en daarom so tekere gaan oor die hofsaak wat teen die ECN en nie teen die stormpioniers van die party is nie.

• ’n Hond tjank net as jy op sy stert trap en dalk moet die owerhede uitvind waarom die protes net uit sekere oorde kom en boonop van Swapo wat self die verkiesingswet gemaak het wat mense – ook Swapo – in staat stel om administratiewe geregtigheid te vra as hulle wil. Maak maar soos me. Iivula-Ithana gesê het en wag en kyk.

• Sy is immers die baas.