Market indicators


8 Februarie 2012

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

26.02.2010

Swapo stuur homself planke toe

© Republikein
Kerneels
NAMIBIË sal dringend ’n nasionale sensus moet hou, want iewers verdwyn die grootste deel van die bevolking vir dae en weke om net Saterdae op Swapo se aanryvergaderings as deel van ’n “rent-a-crowd” in ’n Swapo “rent-a-drum” met wiele op te daag.

• Of hulle word iewers tussen Osire en Lubango aangehou waar hulle elke vyf jaar losgelaat word om die familie en stembusse te besoek.
Okahandja-geskiedenis
 
Waar was die duisende kiesers wat naweek vir naweek deur Swapo voor die NBC-kameras op Okahandja geparadeer was asof die party ook weer ’n 140% meerderheid sou kry?

• Van die 14 000 wat geregistreer is, het net meer as 5 000 vir die drie Swapo-kandidate onder RDP-Swapo en onafhanklike kandidaatmombakkies gestem. Dit beteken ’n stempersentasie van net meer as 30%.

• Swapo sal die sommetjie blykbaar nie verstaan nie, want hulle het nie soos Kerneels Bantoeonderwys gehad nie.

• Swapo se spaarwielkandidaat en “window dresser” vir die ander bevolkingsroepe word deur byna 80% van die geregistreerde kiesers van Okahandja verwerp en die ander twee Swapo-kandidate ook byna 100%.

• Swapo het teen Swapo verloor, want die mense is moeg vir die opgewarmde en aangestelde leiers in die plek van verkose verteenwoordigers.

• Dit is byvoorbeeld wat op Rehoboth en op Mariental aan die gang is.

• Die leierskap wil dit eenvoudig nie insien nie dat daar nog groot Dax gaan spat oor die gewoonte om verwerpte en verdagte wanadministrateurs in die saal te hou ten alle koste. Beide die verteenwoordiger van Okahandja en Hainyeko verteenwoordig saam nie eens ’n derde van die kiesers wat hulle veronderstel is om te dien nie.
Verkiesingshof
 
Die Okahandja-uitslae is om ’n heel ander rede meer insiggewend.

• Die direktoraat moet verduidelik hoe dit gebeur dat Swanu – wat Swapo-leiers beweer het – die ECN geïnfiltreer het en net 51 stemme op Okahandja kon trek, maar in die Nasionale Vergadering-verkiesings ’n setel in die parlement kon kry.

• Hulle kan sommer verduidelik hoe dit op Okahandja moontlik is om net twee bedorwe stembriewe uit meer as 5 200 te kry, maar in die vorige verkiesings letterlik honderde per kiesafdeling. Of is hulle ook lede van die Kaaronda-vakbond wat meer werkloses as werkers en lede het.

• Gaan maak grappies op ’n ander plek. Namibiërs wil verkiesings hou!
Bevolkingswetenskap
 
Aan die een kant word Namibiërs onder die indruk gebring dat die land so onder- en ylbevolk is dat Chinese in “containers” aangery moet word om Namibië te help om sement met ’n graaf aan te maak en sommer informele besighede, die roemryke “cucashop”- kultuur, ook van ondergang te wil red deur hul eie chinabashu’s te vestig waar die die tradisionele kambashu’s uit besigheid gedryf word.

• Dit is bemoedigend dat die Minister van Handel en Nywerheid, dr. Hage Geingob, nou sy voet dwars sit, maar hy sal moet kyk of hy nie op ’n paar van sy kollegas se tone trap wanneer hy dit doen nie.

• Daar is ’n hele paar van sy veronderstelde kamerade se kinders in China met studiebeurse, op welwillendheids- en bekendstellingstoere, betaalde vakansies, in diens as nie-amptelike konsultante en as die Chinese besluit om hulle terug te stuur, mag Namibië dalk vind dat die land oorbevolk eerder as onderbevolk is.

Boonop woon Chinese op besigheidserwe op nuwe dorpe en nedersettings wat die onderwerp van korrupsie-ondersoeke is nadat dit deur tradisionele huisvesting, krale en hoederhokke sny. Daar is so min Namibiërs dat die Chinese toegelaat word om kinderarbeid op konstruksieterreine te gebruik en die res van die werkers ’n hongerloon te betaal wat aan vakbonde behoort waar van die leiers by die organisasie geld leen wat hulle sukkel om terug te betaal.

• Waar is die Namibiërs heen of waar word hulle weggesteek?
Angolese immigrante
 
Is die Namibiërs wat te min is in Angola nie dalk in Angola waar hulle in aanhouding is tot verkiesings aanbreek nie?

• Dan bars die dorpe, stede uit hul nate. Asof dit nie erg genoeg is nie, word Angolese ingevoer as kiesers met stempersentasies op grensnedersettings wat Hongkong soos ’n voorstad van Okatjali- en Onyaanya laat lyk.

• Soos Oshikango en Eenhana waar Engels en Oshiwambo as vreemde tale geklassifiseer word en die amsptale Portugees/Chinees is en die aquadente die ampsdrank Owambolique vervang het.

• Die Regering moet ook ondersoek instel na die rassediskriminasie in die noordelike drankbedryf waar net Johny Walker Black Label whisky en Black Label bier aangebied word.

• Wie het die getroue ou White Horse geslag en waarom is die mense nou so arm dat nog net Punya-punya ’n “bargain” is.

• Daar word nou al gesukkel om ’n jaarlikse maroelafees en paddabraai te organiseer, want die maroelabome val voor politieke partye of meubels wat inkommers self bou om liggaam en siel aanmekaar te hou.
Windhoek-Angola
 
In Windhoek se noordelike voorstede sny Angolese sakelui hare op die sypaadjie, hou gastehuise aan waar die rooi ligte die enigste lig is wat skyn en dit kan sekerlik nie wees om die swartmark aan die gang te hou nie.

• Die land se leiers moet hul vensters was of die swart verf afwas waaragter hulle hul passasiers geheim wil hou, want wat op die sypaadjies gebeur, is nie wat die owerhede dink gebeur nie.

• Zimbabwiërs verkoop sonneblomme op straathoeke wat uit Windhoek se rivierlope geoes word omdat daar nie genoeg Namibiers is wat bereid is om dit self te probeer nie.

• Met vakbondleiers wat hul ledetal liederlik onderskat en nie verstaan dat georganiseerde arbeid in ’n land met 51% werkloosheid die minderheid sal wees en nog minder sal word deur onwettige stakings en lenings van vakbondkleiers by hul eie instellings nie, moet íémand dit doen.
Kaaronda warm plaat
 
Dit behoort ook vir Swapo se ongeleide politieke missiel van faksie duidelik te wees dat sy “werksaansoek” deur soos ’n “running dog” sy been teen alles te probeer lig, misluk het.

• Vroeër die week is hy deur die waarnemende Prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, oor sy aanslag teen die regspleging in die bek geruk en gewaarsku om nie die grense van ordentlikheid verder te oorskry nie.

• Hy word deur Unam-bestuur van stamgebondenheid beskuldig en kort duskant diskriminasie van enigeen wat nie uit die Kaaronda- kraal gekruip het nie.

• In ’n skandalige wending en onthulling van vakbondskynheiligheid is die NUNW-vakbond in die beskuldigdebank oor die wyse waarop hulle die ontslape leier Ya France tot op sy begrafnis verneder het.

• In die politiek van onderlinge twis is niks oënskynlik heilig nie en word die Staatshoof, mnr. Hifikepunye Pohamba, nou ook beswadder.

• Dit is jammer dat die NUNW waarskynlik sy eie Kaaronda politieke begrafnis nie besef nie en ook nie ’n kis daarvoor sal voorberei nie.

• Kaaronda is geskiedenis en die tragiese is dat die geskiedenis hom nie sal onthou nie.

• As Kaaronda nie van Namibië, regters en Duitsers hou nie, moet hy trek.

• Hy moet net nie vergeet om sy skuld te betaal nie.

• “Uncle Mugabe needs you!”

Kerneels