Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kollig 4 September

Motor 29 Augustus

Ongwediva handelskou


Erongo 20 Augustus

Noorderlig 20 Augustus

Ons Argiewe

28.07.08

Vrou staan op uit doodsbed

08.08.08

Presidentseun in boeie

22.07.08

Bloed spat by rugby

30.07.08

Aanval ruk Grootfontein

15.08.08

'n Rokkie wou sy dra, maar o wee...

13.06.2008

Staatslang in kamoefleergras


VIR Namibië moet daar nou ‘n binnelandse rustydfluitjie blaas sodat die land sy grense vir ‘n nasionale voorraadopname kan sluit.

• Niemand weet waar om te vat en waar om te los nie en in die gevalle waar iemand vat, is dit mis en waar iemand dalk misvat, is dit omdat klaar gevat is. Swapo-lede mag mekaar nie eens in die openbaar groet nie in geval dit 'n ander leier aanstoot gee of as 'n komplot deur Staatsveiligheid aan die Omusati-kliek gerapporteer word.
Kerneels-profeet
 
Kerneels raak nou bietjie verveeld daarmee om elke keer reg te profeteer en nie deur die Regering betaal te word vir die gratis konsultasiediens nie.

• Verlede week het Kerneels voorspel dat die kortbroek Pohamba in die bek en broek geruk gaan word weens sy verraadklagtes teen die Oukwanya-volk wat glo sy pa, mnr. Hifikepunye Pohamba, met palmtakke geslaan het en alle ander leiers uit gewoonte verraai het.

• ‘n Paar dae later vra Katiti-Kanachi Pohamba nederig om verskoning aan die Oukwanya-koningin. Sy pa moes hom met ‘n palmtak bygekom het terwyl sy broer blykbaar hoog in die takke van dieselfde palm was.

• Pohamba-palmsiekte?
Nasionale agterdog
 
Die Regering moet af en toe uit die palmtakke afkom en kyk wat op die grond aangaan.

• Dit kan net ‘n slang in die gras wees wat die Amerikaanse departement van verdediging oortuig het dat miljoene gekamoefleerde kondome as militêre hulp aan die Namibiese weermag geskenk moet word, gelyktydig met ‘n nuwe, bykomende kondoomfabriek wat in die Namibiese hoofstad amptelik geopen het.

• Dit is dieselfde as Kerneels wat gelyktydig die lont ruik en die slang in die gras sien. Volgens die Amerikaanse weermag is op die gekamoefleerde kondoomskenking aan Namibië besluit nadat dit aan streng toetse onderwerp is.

• As hulle hul eie kondome in die verlede aan die streng toetse onderwerp het waaraan die Namibiese produk onderwerp is, sou hulle nie vandag met die tipe van leierskap gesit het wat deur blote teenwoordigheid ‘n internasionale verleentheid is nie.

• Of is die Amerikaanse leierskap die resultaat van ‘n mislukte steekproef van vyftig jaar gelede?

• As Amerika ‘n deegliker steekproef sou gedoen het, sou hulle agtergekom het dat daar in Namibië reeds ‘n kondoomfabriek onder konstruksie is. Geen wonder die Amerikaners nie teen Bin Laden hond haaraf kan maak nie. Hulle is so besig om voltyds gekamoefleerde kondome vir die Namibiese soldate te toets, dat hulle nie tyd het om teen talliebanne oorlog te maak nie.

• Die Amerikaners hoef nie eens een kondoom te vervaardig nie, want omdat dit veronderstel is om gekamoefleer te wees, kan dit nie gesien word nie en in Namibië is sien glo, maar nou moet geglo word in dit wat gekamoefleer is en nie gesien kan word nie.

• …. En omdat dit gekamoefleer is, weet niemand of dit gebruik word nie, want sover Kerneels weet, is die hele doel van kamoeflering om iets te versteek. Dit is dalk die kondome wat oor Amerikaners se koppe getrek is wat maak dat hulle nie kan sien dat hulle hulleself by tye belaglik maak en daarom glad nie meer so gewild onder mekaar is as wat hulle was nie.

• Dalk is dit die begin van die einde van sovele militêre avonture soos die destydse “Make love, not war”?

• Miskien moet hulle die gekamoefleerde kondome self in die Irak-oorlog gebruik om onsigbaar te word.
Nasionale misverstand
 
Die grenssluiting behoort ook aan Namibiërs die geleentheid te gee om te bepaal wie vriend en vyand en wie oorloper of verraaier is?

• Vandeesweek moes die polisie ‘n “ontvoerde gyselaar” arresteer wat nie ontvoer is nie en drie polisiemanne wat veronderstel was om te keer dat sulke misdaad plaasvind, staan in dieselfde hof tereg op klagte van bedrog en omkopery, terwyl beskuldigings heen en weer onder die polisie vlieg oor wie van die mag in die mag van die Chinese mafia is. Wat moet Namibiërs nou dink?

• Terwyl die hele polisiemag deur ‘n versinsel, bedrog en meineed van ‘n verdagte winkeldief besig gehou word, word die ander helfte van die polisie ingespan om hul kollegas aan te keer wat ook met bedrog en beweerde diefstal besig is?

• Moet Namibiërs nou die tronk bel as hulle ‘n polisieman soek of moet hulle die wetstoepassers as misdadigers verdink.
Teenkorrupsie-drama
 
Dalk moet Namibië se Teenkorrupsie Kommissie se veronderstelde leierskap van die Amerikaanse kondome aanvra om self ‘n bietjie onsigbaar te raak, want hulle is net te besig vir ‘n span wat te min mense het en oor te min hulpbronne beskik.

• Kerneels wil nie lelik wees nie, maar die Teenkorrupsie Kommissie se woordvoerders, mêmme Vannermerwe en tatê Noa, moet leer tel. Alternatiewelik moet hulle aanvaar dat Namibiërs nie net kan tel nie, maar oor ‘n korttermyn geheue beskik.

• Of is die kommissie besig met geslagsgelykheid? Daar gaan nie ’n dag verby wat me. Vannermerwe nie belowe dat die een of ander klag ondersoek word nie en as Kerneels sy sommetjies reg maak, behoort die kommissie se dossiere by die deur uit te loop of bo die dak uit te steek.
Tydlose ondersoek
 
• Hulle kry nie tyd om sake teen ‘n selferkende misbruiker af te handel nie, maar gaan tyd kry om elke munisipale rekening, elke tender en elke kontrak na te gaan en nog tyd hê om ‘n korrupsiesaak in ‘n skeisaak te ondersoek en met die spaartyd ook wedersydse politieke beswaddering wat as korrupsiesake geregistreer word wanneer Swapo se pap onder mekaar suur word. Nou verstaan Namibië beter waarom daar nie tyd is om die Katrina Hanse “True Confessions of Corruption” te lees nie.

• Tolla?
Slaan oë op na berge
 
In dieselfde verband spreek die Direkteur van die Teenkorrupsie Kommissie, mnr. Paulus Noa, die kerke toe oor die rol wat hulle behoort te speel in die bekamping van korrupsie en Kerneels is nou in die versoeking om te vra of mnr. Noa saam met sy naamgenoot Noag die eerste druiwe-oes gevier het.

• As bid alleen genoeg was om korrupsie uit te wis, sou die beroemde kerkganger van Swapo se jeugliga, ene Kapia, en Blaauw nie op korrupsieklagtes gearresteer gewees het nadat hulle N$30 miljoen misbruik het nie. Korrupsie-Noag moet oppas dat hy nie op die Ararat van korrupsie vassit nie?