Market indicators


8 Februarie 2012

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

29.01.2010

Politiek se klem-in-die-kaak

© Republikein, Gene Travers
DERDUISENDE graad 12-leerlinge van skole regoor die land weet vanoggend dat hulle soos duisend ander graad 12’s en tienduisende graad 10’e ook gedop het en nie die pyp met die afgelope eksamens gerook het nie.

• Of is dit oor oorsaak van dop en pyp rook? Wat rook die onderwysstrukture wat probeer om Namibiërs te oortuig dat niemand gedop het nie?

• Aaptwak?
Druipende skoolsukses
 
Die owerhede moet ’n slag hul oë omdop sodat hulle kan sien wat aangaan.

• Dan sal dit nie nodig wees om te beweer dat daar nie ’n ding soos druip is nie en dat niemand dop nie. As die administratiewe bestuur van onderwys minder die horlosie dophou, sal hulle nie die toets van die werklikheid druip nie.

• Die politieke korrekte deuntjie raak nou afgesaag en dit is selfs nie eens soos ’n leuen wat soveel kere herhaal word dat dit uiteindelik na die waarheid sal lyk nie. Die wat deurgekom het, het volgens die amptenare se logika eintlik ook gedruip, want as daar nie druipelinge is nie, kan daar ook nie geslaagdes wees nie. Ses dosyn van ’n half dosyn!
Hou moed
 
Volgens die uitslae wat Kerneeels onder oë gehad het, slaag kinders Engels as hulle Viva Swapo kan sê, hulle slaag wiskunde as 19 in ’n taxi gepak kan word, hulle slaag biologie as ’n onderwyser hulle swanger maak en slaag wetenskap as hulle met ’n selfoon kan werk.

• Die derduisende “doppers” wat die eksamentoets gedruip het, sal op die straathoeke alles moet omdop terwyl hulle vir beter dae of ’n Swapo-vergadering wag. Die druipelinge moet sterk staan. En nie alleen voel nie.

• Die Verkiesingskommissie kan na tien jaar nog nie kiesers tel wat hulle geregistreer het nie. Die Verkiesingskommissie en -direktoraat dop sedert 2004 elke demokratiese toets en het en kan in minder as ’n maand na die algemene en presidentsverkiesing nie sê hoeveel kiesers daar vir die Okahandja-tussenverkiesing is nie.

• As die ECN ’n mens was, sou hy verhoorafwagtend met ’n vorige veroordeling gewees het teen wie die polisie nog sake ondersoek. ’n Onrehabiliteerbare gewoontemisdadiger? Daar is hoop vir druipelinge.

• As die kommissie so aangaan om interne verdagtes te “fire” of op verlof te stuur, het die druipelinge ’n kans om van die verskeie vakatures te vul. Diegene wat nie by die ECN regkom nie, sal by die NBC geholpe raak, want die ECN se politieke bloedbroer en disleksiese weergawe kan nie eens meer tred hou met die verskillende direkteurs-generaal wat die afgelope 12 maande afgedank is nie.

• Dit is hoekom hulle nie meer ’n goeie ding soos mnr. Matthew //Gowaseb kon herken toe hulle hom gehad het nie. Dalk moet die ECN en die NBC nou ’n “Chinaman” traai, want dit is nog al wat nie probeer is nie.

• Dan kan die skoolverlaters as rondreisende stemvee van kiesafdeling na kiesafdeling trek om vir al die munisipale verkiesings te registreer.

• “Swapo mobile”? Hulle kan Rehoboth se Dax-emmer saamnooi om die putte te grawe en emmers op te “line.”

• Dan kan Rehoboth se mense vir ’n slag hul sit kry.
Born frees kanonvoer
 
Kerneels het uit Swapoleiers se vry na die “born free” stemme afgelei dat hulle ’n groot verrassing gaan kry, maar hy het self nie die “sapraais” verwag dat duisende “born frees” – volgens Swapo net hul kiesers – uit die job en die skoolstelsel ge-“sapraais” gaan word nie.

• Swapo se druipelinge kan ook altyd by die Swapo-hoofkwartier as “weeskinders” van onafhanklikheidswanbestuur gaan kamp. As die party verantwoordelikheid moet aanvaar vir die weeskinders van die bevrydingstryd, sal hy seker nie omgee om verantwoordelikheid vir die weeskinders van onafhanklikheid te aanvaar nie.

• “Born free” by die stembus, maar “forgotten” daarna.
Dubbele standaarde
 
Kerneels weet nie wat die ergste is, dubbele standaarde of dubbelpratery nie.

• In Namibië kry politieke leierskap reg om albei gelyktydig te doen. Die voorsitter, mnr. Victor Tonchi, hou self in die moeilike tyd in Indië paartie oor dié land se verkiesingskommissie 60 jaar oud geword het.

• Kan mnr. Tonchi of wil mnr. Tonchi nie sy “kieskollegas” in hul donkerste ure bystaan nie? Ja die Tonchi, ja die Tonchi, ja die Tonchi is ’n wonderlike ding.
Kraaines in katnes
 
Die verkiesingskraaines waarin die kommissie die afgelope dekade vasgevang is, is nou ’n katnes van geskorste wanadministrasie.

• In ’n komedie van die absurde is die vorige geskorste Swapo-voorbok, mnr. Philemon “siekestie siekestie thousand hundred,” Kanime, in die hof weens beweerde verkiesingsbedrog, maar sy opvolger, mnr. Uadjarakana, is deur die einste mnr. Tonchi geskors wat homself ook land uit geskors het.

• Etsê!
Okahandja-wals
 
Die dubbele standaarde word net oortref deurSwapo se eie dubbele standaarde oor die aanwysing van ’n kandidaat vir die tussenverkiesing weens die vakature wat die afsterwe van die goewerneur, mnr. Eiseb, laat ontstaan het.

• Dit is net Swapo en sy opwenpoppe in die Jeugliga en NBC-poppekas wat blykbaar geheueverlies het oor hoe mnr. Eiseb se Swapokamerade en bloedbroers hom as ’n siek man in die rug gesteek het. Swapo se eenheidsplanne lê in hul eie Swaposlaapkamer aan skerwe.

• In ’n wending van die absurde ruk en pluk die Jeugliga se Clinton Swartbooi die Minister van Grond en Hervestiging, mnr. Alpheus !Naruseb, in die openbaar by ’n groentewinkel rond. Het Swartbooi nou die pampoen ook geword?

• Is dit die Swapo-eenheid wat die sekretarisgeneraal, me. Pendukeni Iivula-Ithana, in gedagte het? Dan sluit Kerneels vanoggend nog by Swapo aan, want daar is ’n hele paar “honourables” vir wie Kerneels graag sal wil rondruk en sommer in die openbaar ’n kopklap wil gee.

• Swartbooi is een van daai “boys”! Nou is daar boonop weer ’n Boois-besigheid op Okahandja aan die gang wat in ’n onderlinge katgeveg onder die regerende party se Jeugliga-aktivis, ene Ben Katamila, en ’n ander Booys van Swapo tot gevolg het.

• Swapo kan nie eens die Booise van Swapo onder beheer en versoen kry nie, maar hulle wil die land bymekaar maak. Foeitog. Kerneels verstaan. Hy was self in verskeie oorloë en ander minder belangrike skermutselings betrokke en glo mnr. Swartbooi het maar net weens die spanning in die politiek bietjie “booissies” geraak.

• Kerneels was ook al bang hyself raak bossies. Dalk booislooiskoors?
Boois-faktor
 
Kerneels en Namibië is verbysterd oor die Boois-mentaliteit wat nou oral in die party sy kop uitgesteek het en blykbaar toegelaat word. Soos wat die Dax’e hul eie pot op Rehoboth misgesit het en met ’n verkiesingsnederlaag met hul sterte tussen hul bene rondloop.

• Skielik is daar nou ’n Boois-kandidaat vir Okahandja, ’n Boois wat tydelik in beheer van die NBC is, ’n Boois wat die “show” op Mariental wil “run” en goewerneur Boois van Karas. Me. Ithana moet die “boys” bietjie aanpraat, man. Het Swapo nou geskrik vir die bont Booise soos die Witboois van Gibeon en die Jeugliga se Swartboois.

• Is Swapo so verdeeld dat hulle bang is dat hulle dalk van diskriminasie beskinder kan word as hulle tussen ’n Swartbooi of ’n Witbooi kies en daarom eers net op ’n plein Boois kon ooreenkom.

Sal seker later eers besluit of hulle swart of wit of albei wil bysit.

Kerneels het vir hulle slegte nuus. Daar is ook ’n geveg in die Suide oor past. Hendrik Witbooi se opvolger en een van die voorbokke heet Rooi.

Rooibooi, Witbooi, Swartbooi en gewone Booi.

“Boys will be boys”!

Kerneels