Market indicators


8 Februarie 2012

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

21.08.2009

Paniekpolitiek van la-la land


Kerneels
NAMIBIËRS moet begin dink hulle is in die onafhanklikheidshemel.

• As dit nie so ooglopend ‘n gevolg was van Swapo se paniekpolitiek weens interne verdeeldheid en huismoles nie, sou Namibiërs dalk vir die grappies kon val. Skielik moet die Ruiterstandbeeld plek maak vir nog ’n onafhanklikheidsmuseum.

• Dit is dalk ‘n wyse besluit, want die Swapo wat Namibiërs met die 435-verkiesing, die grondwetlike onderhandelinge en onafhanklikheid leer ken het, bestaan nie meer nie en sal binnekort net in ‘n museum gesien kan word.
Deurmekaar geskeur
 
Nou dat die voormalige kroonprins en voormalige Nujoma-regterhand, mnr. Hidipo Hamutenya, se Swapo-manifes uitgevoer word, kry Swapo dit eenvoudig nie reg om met ‘n “think tank” ‘n manifes opgestel te kry nie.

• Geen wonder Swapo moes regte “thinkers” kry soos dr. Geingob en mnr. Angula om die verkiesings aan die gang te hou nie. Wat tienk Swapo se propagandatenk sonder brieke, Ntinda, hiervan?

• Iesh, tate Angula en dr. Geingob?
Chinese politiek
 
Swapo moet eerder sy “tienk tenk” in die pad steek of aan Rehoboth se Dax-Swapofaksie verhuur, want Stefanus Dax se nagkar is nie groot genoeg om die Dax weg te ry wat nou in die party onderling aan die gang is nie.

• Kan die Chinese nie uit dankbaarheid en solidariteit ‘n fotostaatmasjien aan die “tienk tenk” skenk sodat hulle minstens die ou Hidipomanifes kan “copy” nie. Afloer en namaaksels is mos ‘n Chinese spesialiteit en niemand is verbaas dat die RDP dieselfde taal as ‘n agtergeblewe infiltrasiefak- sie van Swapo praat, maar in die kleure van ‘n ander Swapo-stiefkind wat uit die slaapkamer gegooi is (die CoD) rondloop nie.

• Nou kla Swapo-raadslede in die noordelike kiesafdelings oor hul eie RDP-broers se verkiesingsmaniere deur van huis tot huis te organiseer.
Stemvee wei rond
 
Dit is nie Namibiërs se skuld dat Swapoleiers so arrogant seker was dat hul Owambo-stemvee in die kraal gehou sal word dat hulle vergeet dat hulle in die eerste plek ook van huis tot huis bymekaar gemaak is nie.

• Die verskil is dat mnre. Hamutenya, Nyamu en Nambinga geweet het waar om die stemme te gaan soek, want hulle het immers in die plek gehelp om hulle bymekaar te kry. Nou steel hulle deur dieselfde Swapodraad wat so vol gate is dat die leierskap al aan die stry begin raak oor wie die grootste gat in die leierskap is.

• Geen wonder dat sogenaamde Swapovoorbokke in kiesafdelings en frontorganisasies hulleself as kandidate onttrek aan die Swapokieskollege nie. Bang hulle word byvoorbaat geslag?

• Die omstrede en wilde lote van die Jeugliga, vakbonde en beleërde Dax-streek, onder wie die Daxe en Hanses, moet nou deur ander onderdeure in die party se binnekring terugkruip. Lekker hansdax ook?
Swapo-wantroue
 
Die Swapoleierskap wantrou mekaar en van hulle klink so na die RDP dat hulle met Swapoleiers verwar kan word.

• Namibiërs is soos hulle ook nie seker of leiers en organiseerders van die party nie eerder die RDP geïnfiltreer het in plaas daarvan dat die RDP Swapo geïnfiltreer het nie.

• Geen wonder die selfaangestelde Swapodranklisensie- inspekteur wat by tye as ‘n Adjunkminister van Arbeid optree, mnr. Petrus Iilonga, dronkenskap al die skuld vir Swapo se probleme gee nie. Hy moenie sleg voel nie.

• Die tronke sit vol van Swapo-ondersteuners, dit is mos die meerderheid, wat drank ook die skuld gee.
RDP-kiesplanne
 

Kerneels sal nie die RDP kwalik neem as hy op die laaste aan die verkiesings onttrek nie, want nog nooit in die geskiedenis het dit so goed gegaan met Namibiese kiesers as nou met die RDP-skaduwee oor die Swapo-kabinet en -regering nie. Onwettige sjebeens moet nog net yskaste kry en die mahangolande moet nog net self water toe stap waar die koeie se melk vanself uit die spene loop.

• Politieke la… la… land. Die RDP kon dit nie saam met Swapo regkry nie en nou kry Swapo danksy die skaduwee van die RDP dit reg.

• Etsê?
Politieke narkose
 
Die enigste gevaar wat nou bestaan, is dat leiers soos die Iilongas en Ekandjo’s van die wêreld met hul Trepper-agterryers en Kamatuka-agteragterryers en kofferdraers in dorps- en stadsrade self aan die politieke narkose verslaaf geraak het wat hulle die stemvee wou ingee.

• In die nuwe politieke hemel, wat die hemel ook alleen weet wie die rekening ná die verkiesings sal betaal, weet die inwoners dat die nuwe paradys tydelik en soos ‘n “cash loan” teen ‘n prys kom. Die RDP moet Swapo met die rekening los en in 2014 soos op ‘n bankrotvendusie die Regering teen ‘n “discount” koop.

• Die RDP sal as regering nie beter kan vaar as wat Swapo nou vaar nie.

• As leiers – wanneer daar nie ‘n vakature vir die presidentskap bestaan nie – mekaar so koelbloedig in die rug steek, wil Kerneels nie by wees wanneer daar wel ‘n vakature gaan wees nie. Mnr. Pohamba het nie soos mnr. Nujoma ook ‘n Pohamba nie.

• Dalk ‘n Helmut? Of weet die Swapo-leierskap iets oor mnr. Pohamba wat Namibiërs nog nie weet nie?

• Weet mnr. Pohamba dalk self nie van ‘n verrassing wat op hom wag nie? Voer mnr. Nujoma dalk iets in die mou of is die aap uit die mou soos mnr. Iilonga se dronkmaakpraatjies op Keetmanshoop.

• Ein Prosit….!
Swapo-moeilikheid
 
As Namibiërs enigsins getwyfel het oor die desperate politiek van die paniekpolitiek, het die vergoedingsbesluit aan Swapo se ondergrondse Lubango-spioenfaksie alle twyfel uit die weg geruim. Siestog!

• Kerneels het verstaan die Lubango-aangehoudenes wou ‘n verskoning hê en toe stal die leierskap weer eens van sy faksies se obsessies, geld, uit. Koop Swapo homself al om?
Iilonga-wysheid
 
Is dit nie na hierdie kwessie wat mnr. Iilonga verwys het toe hy op Keetmanshoop drank as geheime projek geïdentifiseer het om die Regering oor te vat nie?

• Stem mnr. Iilonga nou skielik saam met die besluit dat ‘n Swapo Lubango-spioen net so geregtig soos hy as selfverklaarde Swapooorlogsheld op vergoeding is? Kerneels glo nie, maar verskil oor ander redes as mnr. Iilonga.

• In vergelyking met die Lubango-aangehoudenes was mnr. Iilonga in ‘n vyfster hotel en is hy op minder vergoeding as Swapo se Lubangospioene geregtig wat oornag as Swapo-veterane versool is. Verkiesingskanonvoer? Kerneels het nie geweet dat Swapo nog kiesers uit gate gaan grawe ook nie.

• Hy sou ook, as leiers soos die Kaarondas, Hanses en Witboois nie eens bereid is om as parlementskandidate vir hul kiesafdelings beskikbaar te wees nie. Nou verstaan Kerneels wat die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, in gedagte gehad het toe hy na die vakbondleier, ene Kaaronda, as ‘n “running dog” verwys het.

• Die Jeugliga se Swartbooi het self in die Jeugliga die wit vlag gehys nadat hy sommer die Adjunkpremier en verskeie ministers se koppe geëis het. Nou moet mnr. Iilonga nog net van die White Horse afklim wat hy skuld vir alles gee wat verkeerd loop in Swapo?