Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Suiderland 07 Oktober

Kollig 2 Oktober

Windhoek skou

Motor 26 September

Noorderlig 23 September

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

29.02.2008

Lukas en Judas raas saam


KERNEELS
NASIONALE verwarring is nou die nuwe beleid ná die Swapo-broedertwis die ou beproefde beleid van nasionale versoening saam met die badwater by die agterdeur uitgegooi het.

• As die Swapo-leierskap van agtergeblewenes mooi ruik, sal hulle agterkom daar het van die vuil wasgoed in die veronderstelde skoon kongresskottel agtergebly.

• Dit verklaar waarom die Jeugliga en sekere senior Swapo-leiers dink dat hulle ook nog ‘n rot ruik omdat hulle glo die RDP het die Kabinet en NV geïnfiltreer.

• Agterdogtige Regering van Nasionale Verdeeldheid

Nasionale verdeeldheid
Daar is nie ‘n beter voorbeeld en daar sal ook nie gou weer ‘n beter voorbeeld wees waar "slegte wense vir andere jouself die eerste en swaarste sal tref nie."

Onlangs nog het Swapo-leiers mede-Namibiërs vol bravade gedreig dat hulle sommer lus is om nasionale versoening af te skaf of op te skort. En nou?

Nou is die party die toonbeeld van nasionale verdeeldheid, boonop in dieselfde trop en nog voordat hulle nasionale eenheid kon afskaf, is onderlinge verdeeldheid wat hulle nie kan oplos nie, ‘n groter probleem as die nasionale versoening wat opgelos was, maar hulle wou afskaf.

Dit is danksy nasionale versoening dat die leiers die luukse het om mekaar se derms na veertig jaar in Namibië uit te ryg.

As vandag se Swapo-rebellie twintig jaar gelede losgebars het, sou die gate van Lubango ‘n ondergrondse stad gewees het met sy eie moltreinstelsel waarmee die drosters van gat tot gat aangery sou moes word.

Daar sou net soveel wagte as wegbrekers moes wees en Plan sou ‘n Swapo "security company" wees, terwyl Swapo vir die Chinese die tender moes gee om die bevrydingstryd te voer.

Kwaai huisvriende
Swapo se faksie van agtergeblewenes is tog seker nie verbaas dat hul hand van vriendskap deur hul drosterfaksie wantrou word nie, want die hand van vrede hou dalk nog ‘n ander politieke dolk vas wat twee keer meer verwoesting onder die oorblywende leierskap kan saai as die skade wat reeds aangerig is.

Politieke bloedverwante wat mekaar na 40 jaar nie meer kan vertrou nie, weet seker van beter. Hulle is nie die onskuldige Namibiërs wat oor die jare vir gesprekke en beraadslaging gekom het net om uitgetrap en beledig te word nie.

Soos toe Saultjie Smit ‘n paar mense aan mnr. Nujoma op ‘n ken-mekaar wou voorstel en mnr. Nujoma onder ‘n gerespekteerde tante ingeklim het oor kerke en hulle as towenaars wou verban.

Toe Namibiërs nie die Verkiesingsdirektoraat vertrou het nie en ‘n hofbevel hulle gelyk gegee het met ‘n bevel om die stemme oor te tel, toe is Swapo se Jeugliga so onsteld dat hulle die regbank wou "fire" en die Nujoma-stormpioniers het die res van die land aangespreek oor die onrespekvolle en oneerwaardige verwysings na mnr. Phillemon "siekisitiehundredthousandsiekestiehundredsieks" Kanime.

Vandeesweek span die Swapo Jeugliga die NBC in om op nog meer oneervolle wyse ‘n ondersoek na mnr. Kanime te eis en hulle dring aan op sy skorsing. Boonop skimp die Jeugliga dat mnr. Kanime nie net nie tot "siekestiesieksthousand" kan tel nie nie, maar dat die ouman nie eens net meer as 1 550 kan tel nie en so onbevoeg is dat hy toelaat dat stemme in die Omuthiya-kiesafdeling ingesmokkel kan word en boonop verkeerd getel word ook.

Is die Jeugliga te lafhartig om te sê wat hulle eintlik wil sê? Vermoed hulle die Verkiesingsdirektoraat en mnr. Kanime is RDP of soek hulle byvoorbaat verskoning?

Geen wonder dat die Jeugliga so graag druipelinge terug in die skoolbanke moet kry nie?

Swapo-gestapo
Dit is nie net mnr. Kanime wat nou skielik onder verdenking is nie.

Elke Swapo-verteenwoordiger doen tydig en ontydig beroepe op kameraad Swapo-leiers om versigtig te wees vir ander kamerade wat met RDP-mombakkiese as leiers in die party se strukture skuil. Hoe vermom ‘n RDP hom as ‘n Swapo-leier. Hy was dan een of is nog een?

Nou verstaan Kerneels ook nie. Miskien moet Swapo oorweeg om DNA-toeste te doen om eers die lede van die Omusatistamboom as RDP-verdagtes te elimineer?

Kerneels was soos die res van die land blykbaar verkeerdelik onder die indruk dat die voorafgaande kongresse van frontorganisasies ‘n suiweringsproses was.

Die sif het oënskynlik ‘n gat in gehad, want met die Hamutenya/Nyamu-skeuring en nog sewe ander verdagtes – wat volgens Swapo self blykbaar in die Kabinet en Nasionale Vergadering met RDP-vermommings skuil – is die verkeerde mense dalk onder verdenking en word die regte verdagtes bevorder.

Deurmekaar-agterdog van wantroue in eenheid van nasionale verdeeldheid?

Beskerm Pohamba
Die Swapo-leierskap moet eerder mnr. Pohamba beskerm as om hom aanhoudend in die lokval van verleentheid te lei. Hy is Namibië se Staatshoof en nie die leierskap van verdeeldheid se pion om skandes mee te maak nie.

• Hulle moet eerder keer dat mnr. Pohamba – wat die ganse Namibië verteenwoordig – nie in politieke slagysters trap wat sy eie kamerade vir hom stel, soos die graad10-ommeswaai op Walvisbaai en die Judas Iskariot-vergelykings op Omuthiya nie.

Dit is nog net hy wat met homself versoen is. Hy moet nou net ander kry wat soos hy dink en optree!

Regering van teenstrydigheid
Namibiërs het nie verwag dat mnr. Pohamba van alle mense sy oudkollega en kroonprins, mnr. Hidipo Hamutenya, met die Bybel se Judas Iskariot sou vergelyk nie.

• Daar is leiers in mnr. Pohamba se binnekring wat glo dat die onbetwisbare kampioene van die titel van ‘n politieke Judas Iskariot eerder mnr. Nujoma is, wat mnr. Pohamba se voorganger was.

• Was hy nie as dissipel en vriend van mnr. Nujoma ge-"fire" as minister van polisie nie?

• Was mnr. Geingob, wat sy aansien op die spel geplaas het om die derde termyn te bewerkstellig, nie ook deur mnr. Nujoma ge-"fire" nie?

• Was mnr. Hamutenya as kroonprins en Nujoma- vertroueling nie ook ge-"fire" nie?

• Mnr. Pohamba is eerder Daniël in die politieke leeukuil en hy moes seker self gesien het die magtige beeld van Swapo het voete van klei?

• Jakob en Esau waar die een broer sy geboortereg vir ‘n pot lensiesop verkoop het, is in Swapo se broederstyd dalk meer gepas.

• Dit is seker hoekom die een broer Ohangwena toe getrek het? Is dit nie waar mnr. Pohamba ook gebly het nie?

Swapo is erger as Babel.

Slaapkamerstories in oopte
Danksy die stryery in die voorgevegte op Omuthiya en Eenhana is Namibiërs se vermoedens oor Swapo se patologiese intimidasie in alle vorige verkiesings bevestig.

• Beide Swapo en die RDP doen dit met hul voete in dieselfde Owambo-waters! Die enigste verskil is dat hulle dit nou met mekaar en mekaar se ondersteuners doen!

Wat onverwags is, is dat Swapo gewone pligsversuim nou as ‘n wapen van intimidasie kan gebruik. Hulle sny al 18 jaar arme mense se water af, maar dreig nou dat hulle RDP-kiesers se water sal afsny.

• Kom die leiers nie eens meer die verskil tussen intimidasie en die werklikheid van pligsversuim agter nie? Iesh!

Kerneels