4.07.2008
Hôr weer skôte in Rehoboth-neste
DIE politieke skôte klap so binne Rehoboth oor Swapo se huismoles dat niemand meer die verskil kan hôr tussen die politieke windskote nie en buitendien geheueverlies oor Blok E se Dax-beleg en Swapo se Hardap-verleentheid ontwikkel het.
• Die dorp verkeer in ‘n identiteitskrisis waar die verskil tussen die nagkar en die ampskar die donkiekar vervang het. Wanneer Rehoboth probeer om ‘n dorp te wees, het hy nie ‘n raad nie en wanneer hy ’n raad het, is Rehoboth nie ‘n dorp nie.
• Wat wel deur die Dax-familiebewind duidelik is, is dat Blok E nou die dorp is en Rehoboth blykbaar die lokasie geword het waar kieriepolitiek die septer swaai. Soos dit nou aangaan, kan die dorp sy ampsdraers laat gaan om geld te spaar en ‘n plaasvoorman of bokwagter aanstel om bietjie orde te probeer skep.
Rehoboth-konstruksie
As Rehoboth se politiek ‘n dak oor gehad het, sou dit lankal as die groendaxies bekend kon wees soos die leierskap sedert 2001 begin “dax en daaiv” het.
• Volgens Kerneels se navorsing het die kronieke van Rehoboth al in 2001 verkeerd begin loop toe die destydse Swapo-streekraadslid, mnr. Stefanus Dax, toevallig ook die broer van die burgemeester, mnr. Georg Dax, per ongeluk ‘n paar administratiewe foutjies tydens die registrasie van kiesers begaan het.
• In sonde ontvang en gebore? Soos oompie Hans sou gesê het, “die wortel moes by sy kwaad uitgeroei gewees het, want dan sou die ampskarre donkiekarre gebly het en sou die dorp nou nie al verval het in kieriegevegte oor die streekraadslid se Dax-nagkar wat ‘n Dax-munisipale tender het en sonde met die bure veroorsaak nie.”
• Dit is nou ‘n ander Swapo se Dax wat maak dat die Pohamba-Swapo se ministeriële ondersoekspan na ongerymdhede, soos Blok E se rondloperhonde met hul sterte tussen hul bene Windhoek toe moet terugsluip omdat die klein Daxsie (afdaxie) weier dat hulle met die baas van die plaas, mnr. Theo Jankowski, praat.
• Dit boonop nadat hulle iets afgevee het met ‘n Swapo-opdrag om die dorpsraad reg te kies en nie soos hy nou lyk nie.
• Dit lyk vir Namibiërs asof hulle met die regstellingsbevel nog iets anders ook afgevee het, want van die Mariental-bevel het ook niks gekom nie.
• Kerneels neem die Daxies nie kwalik dat hulle die Mariental-gesag uitlag nie. Swapo in Hardap word seker nog net deur die sirkus ernstig opgeneem?
Ôr ôrsaak
Die burgemeester van Rehoboth, mnr. George Dax, moet sê ôr ôrsaak van wat het hy en sy faksies so aspris geraak dat almal in die dorpsraad nou so speels met mekaar is.
• Lokassieskê of diskriminasieskê? Of is hulle nou eers kwaad omdat hulle vroeër oompie Hans se mense “baas” genoem het toe almal mekaar al as meneer aangespreek het.
• Mnr. Dax moet ‘n konsultant vir die Regering se produktiwiteitsafdeling word. Hy is skoleinspekteur wat soveel tyd het dat hy die dorp voltyds kan bestuur en nog werkswinkels ook kan bywoon. Op 3 Julie 2001 bevind die destydse direkteur van verkiesings, ene Joram Rukambe, dat die streekraadslid van Swapo, mnr. Stefanus Dax, geen bybedoelinge gehad het deur nie die regte prosedures te volg toe hy die registrasie van kiesers gedoen het sonder bewys dat hulle 12 maande of langer op die dorp gebly het nie.
• Ten spyte van hierdie ou onskuldige foutjie verloor Swapo op 30 Julie die 2001-verkiesing en moes Swapo weer tweede viool in die samestelling van die dorpsraad speel waartoe die een Dax se politieke afdakkie, mnr. George Dax, toe ook verkies is. Hoe werk ‘n man nou ten gunste van sy party om te verloor?
• Etsê!
Wortel van kwaad
Die tweede Rehoboth munisipale verkiesing is toevallig gehou omdat die destydse minister van Streek- en Plaaslike Owerhede, dr. Nickey Iyambo, die dorpsraad weens beweerde wanbestuur ontbind het.
• Dit beteken bloot dat dr. Iyambo in 2001 al meer murg in sy pype oor wanbestuur gehad het as die Swapo van 2008.
• Nou is daar nog groter wanbestuur en boonop minag mnr. Dax sy Swapo-bestuur se bevel om die bestuurskomitee weer saam te stel soos per opdrag. Die ironie is dat die RRA en die CoD die kollektiewe wysheid gehad het om eerder met mekaar saam te werk as om met Swapo onder een Dax te werk.
• Nou het die politieke streekgroendax boonop ‘n Blok E-afdax. Drink hulle die Reho Spa se water?
• As Rehoboth se Blok E-Swapo ‘n verkiesing wen, verloor hy ‘n verkiesing teen homself strydig met sy eie Swapo-opdragte.
‘Memory lane’
Kerneels weet dat die geheues bietjie kort daar in Swapo se slaapkamerpolitiek is en amper so kort soos die uitgepaasde Swapo-ondersteuner in BloK E se niemandsland terwyl ‘n misbruikte munisipale bakkie in die agtergrond verbyry en nie eens hul ondersteuner verwyder nie.
• Was die nagkar as ampskar besig of was die ampskar as nagkar gebruik? Kerneels vat graag die Daxies op ‘n trippie deur "memory lane" net om die keuses vir Swapo bietjie te vergemaklik. In September 2002 het ene mnr. Stephanus Dax die betoging gelei met emmers vol nagafval om die ondertekening van ‘n kontrak van 4 000 watermeters te eis en toe die nagemmers in die dorpsraadkantore uitgegooi wat deur “baas” en senior Swapo-kollega, prof. Tötemeyer, veroordeel is.
• Kerneels sal maar soos die rolprentmakers maak en waarsku dat enige verwysings na lewende persone dalk net toevallig is, maar in 2004 was daar ook ‘n Stephanus Dax wat N$5 000 borgtog moes betaal weens beweerde tjekbedrog.
• Behalwe as ‘n padda hom gesoen het en hy intussen in ‘n prins verander het, is dit sekerlik dieselfde Dax wat in 2005 daarvan beskuldig was dat hy ‘n munisipale kamp by sy broer gekry het wat op die stadsraad is. As dit ‘n dapper padda is wat bereid was om altwee te soen, is enige ooreenkomste bloot toevallig en sal Kerneels maar by die padda gaan hoor wie is wie?
• Oorerflik hardkoppig?
Laaste strooi
Uiteindelik is Stephanus Dax – sonder dat die Dax-probleem aangespreek kan word en die Rehobothers ‘n dax se rus vir hul siele kan kry – in 2008 met sy eie kierie ‘n paar houe oor sy eie kop gemoker nadat Daxie eers twee ander manne daarmee bygekom het en toe ene mnr. Boois ook met die kierie gedreig het, maar mnr. Boois die kierie by Dax afgevat het en hom twee houe oor die kop geslaan het.
• Houtkierie se knopkop? Kerneels hoor juis hy word daar in Rooipot sommer Kieriekop-Dax geroep?
• Dax het glo na sy kierie gegryp omdat ene mnre. Schuster en Beukes glo sy nagkarmaniertjies op kamera wou vaslê. Pleks Dax het ‘n gekamoefleerde kondoom oor sy kierie getrek sodat mnr. Boois dit nie kon sien om af te vat nie en as hy dit dalk raakgevat het, sou Dax nie die slag van sy eie gekamoefleerde kierie kon voel nie.
• Onsigbare kieriekop? Etsê! Kerneels wonder of die broers nie maar vir asiel oorweeg moet word as die Swapo-amnestie teen wanbestuur gaan verstryk nie?
• Wat van Katrina?