Market indicators


8 Februarie 2012

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

22.01.2010

Herlaai nasionale common-sensor

© Republikein, Gene Travers
Kerneels
MET tyd kom raad. Die tydlose gesegde kon net vir Namibië uitgedink gewees het, want dit is hier waar dit die meeste kere van toepassing is en ’n betekenis van sy eie kry.

• Die probleem is te veel tyd en te min raad!
Howe-krisis
 
Volgens die Aanklaer-generaal, me. Martha Ekandjo-Imalwa, moet personeeltekorte as ’n saak van dringendheid ondersoek word om te verhoed dat howe tot stilstand kom.

• Hoeveel tyd het die owerheid nog nodig as 20 jaar nie genoeg was om goeie raad te oorweeg nie, maar dit wel te ignoreer weens iemand se vae en ongegronde “vermoede” dat kritiek politiek is wanneer inwoners oor dieselfde goed kla wat nou skielik – toevallig na verkiesings – volgens leiers op ’n ramp afstuur. As me. Ekandjo-Imalwa waarsku dat howe tot stilstand kan kom, impliseer sy dat iets beweeg.

• Dalk kyk inwoners op die verkeerde plek, want hulle is nie bewus van iets wat tot stilstand kan kom nie, maar eintlik in stilstand is. Wat Namibiërs van me. Ekandjo-Imalwa se bekentenisse weet, is dat 24 lede van die personeel wat aan die Kantoor van die Aanklaergeneraal verbonde was, die afgelope jaar bedank het en dit sou normaalweg as versagting vir vertraging van dienslewering kon dien.

• Namibiërs verstaan nou hoekom die Minister van Justisie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, nie ’n onbevoegde magistraat wil skors op aanbeveling van die Landdrostekommmissie nie. Sorrie tog même.

• As sy ge-“fire” moes word, was daar niks oor nie. Intussen het die Landdrostekommissie me. Iivula-Ithana hof toe gesleep oor haar weiering om die onbevoegde magistraat te “fire”. Wie gaan haar verhoor en wanneer?

• Dit sal Namibiërs nie verbaas as die magistraat self die saak teen haar aanhoor en haarself met volle salaris op borgtog plaas nie. Nou verstaan almal, danksy me. Ekandjo- Imalwa, beter waarom die party se sekretaris van publisiteit, mnr. Jerry Ekandjo, se agt jaar lange bokdispuut met ’n bejaarde bestaansboer, ene me. Afrikaner, nie behoorlik bygelê kan word nie nadat mnr. Ekandjo se aanvanklike verdagte bokdiewe nie vervolg kon word nie en hy die reg in eie hande moes neem en bokke van ’n onskuldige me. Afrikaner gekonfiskeer het. Mnr. Ekando het hopelik nou ook agtergekom dat ’n bok ’n bokslêm is en dat nie alle Afrikaners plesierig is nie.

• Veral nie Tante Afrikaner nie!
Howe-reputasie
 
Me. Ekandjo-Imalwa se openhartige erkenning – wat ’n wekroep vir inwoners en die owerheid moet wees – is blykbaar vir kriminele ’n uitnodiging.

• Die afgelope dae begin dit selfs voorkom asof Namibië se regstelsel buite landsgrense beroemd is en internasionale status onder boewe van alle uithoeke verkry het dat in Namibië kanse gevat kan word. As die howe meer doeltreffend was, sou dit waarskynlik nie vir ’n Angolees nodig gewees het om ’n diamant wat skynbaar so groot soos Kimberley se gat is, in sy eie Kimberley op te druk en dit deur die Hosea Kutako-lughawe na Duitsland te smokkel waar hy uiteindelik vasgedruk en die diamant uitgegrawe is nie.

• Duitse spoeldiamant?
Mensekennis-tegnologie
 
Teen die tyd behoort Windhoek se lughawepolisie en sekuriteit elke Angolees, Chinees, Libanees en selfs Kees te ken wat vlieg, gevlieg het en nog wil vlieg.

• Hulle behoort met die min vlugte elke vlieg in die gebou se naam ook al te ken. Hulle het nie ’n X-straalmasjien, skandeerder, metaalverklikker of enigiets anders nodig om ’n smokkelaar uit te ken nie.

• Net ’n common-sensor!
Common-sensormasjien
 
Dit is ’n masjien wat tussen meeste mense se ore sit.

• As die polisie en beamptes s’n aangeskakel was of as hulle bietjie buite gestaan het sodat die common-sensor se sel deur sonkrag herlaai kon word, sou hulle bloot uit die Angolees se gesigsuitdrukking of kort treetjies en stappie kon aflei dat daar ’n skroef in sy broek los is.

• Die diamant is glo US$7 miljoen werd en die Angolees wou onder meer met die opbrengs in Duitsland ’n kar koop. Om invoerbelasting te ontduik, sou hy dit nog reggekry het om op die Windhoekse lughawe dit ook in sy Kimberley deur Windhoek en die Oshikango-grenspos te smokkel om belasting te ontduik.

• As Kerneels dieselfde as die Angolees met die knewel van ’n diamant probeer het, sou dit “Diamonds are forever” gewees het. Die Duitse polisie sou ’n lykskouing moes doen om die bewysstuk uit Kerneels te verwyder.
Avid en ODC-skandale
 
Die ongelukkige Angolees kan jammer wees hy is nie ’n Namibiese politikus of invloedryke sakeman by van die staat se instellings nie.

• Bad luck! Mnr. Paulus Kapia het N$30 miljoen van Namibiërs se geld deur die plek help trek waar die Angolees sy diamant ingesteek het en is beloon met ’n plek in die nuwe parlement nadat hy uit die vorige een moes bedank. Die ODCmaatskappy het N$100 miljoen van die land ook deur dieselfde plek getrek en tot vandag is niemand eens kennis gegee dat hulle dalk vir iets verantwoording moet doen nie. Die enigste fout wat die arme Angolees gemaak het, was om in Namibië nie op die lughawe gevang te word nie.

• Hy sou hier dalk ’n middag in die selle gesit het, borgtog gekry het en weens die uitstel van sy verhoor nog so ’n diamant moes steel om uiteindelik die Kentucky-bestellings van die bewaarders te betaal.
Etosha jagsafari
 
Die diamant is nog skaars uit die Angolese smokkelaar gekrap, toe vang die Namibiese polisie twee ander Angolese wat ook onwettig in die land is saam met ’n gerespekteerde senior hoofman en voormalige DTA-parlementslid, mnr. Abner Nuule, naby die panne waar hulle onder die steenbokke, springbokke en selfs duikers gemaai het.

• Dit is vandat senior hoofman Nuule nie meer ’n DTA is nie dat hy kans sien om onwettig te jag, of is hy deur die Swapo-parlementslid, ene Shangheta van Otavi, aangesteek wat Damaradik- dikkies verkies het?
Swapo-pajamas
 
Miskien het die Swapo-pajamas waarin senior hoofman Nuule gesien is, hom aan die slaap gemaak, daarom dat hy gevang is.

• Wat sê sy vriende en opperhoof van die Uukwambi’s, mnr. Herman Iipuumbu en sy seun, ambassadeur Leonard Iipuumbu, van die jagtery saam met onwettige Angolese so ver uit die wyk uit op langplaas, nogal? So gaan dit in Namibië.

• Senior hoofman Nuule sou dit nie gewaag het om met ’n DTA-pak in Owambo se Etoshagedeelte te jag nie en die twee Angolese sou as Unita-bandiete toegesluit gewees het. Noudat hulle Swapo-konneksies en voorbeelde het soos die Nasionale Raadslid, ene Shan- gheta, is dit orraait om te probeer.

• Mooi so, man! Was die skeel Chinees, ene Yang Wenxiong, wat in die hof verskyn het omdat hy ’n lisensie van iemand anders wou bekom, die drywer dat hulle die jagpad so byster geraak het?

• Dit is mos nog nie maroelatyd nie? Soos Swapo aangaan deur oortreders en swak administrateurs te bevorder as hulle uitgevang word, behoort mnr. Nuule nou die voorsitter van die Nasionale Raad se Staande Komitee vir Natuurlike Hulpbronne te wees en die twee Angolese in bevel van die Ministerie van Binnelandse Sake.

• Dalk moet hulle hul koppe uit skaamte langs die Angolees se diamant indruk.