Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kollig 4 September

Motor 29 Augustus

Ongwediva handelskou


Erongo 20 Augustus

Noorderlig 20 Augustus

Ons Argiewe

28.07.08

Vrou staan op uit doodsbed

08.08.08

Presidentseun in boeie

22.07.08

Bloed spat by rugby

30.07.08

Aanval ruk Grootfontein

15.08.08

'n Rokkie wou sy dra, maar o wee...

30.05.2008

Burgerbaas se krag – THRILLA


DIE Toerisme Expo bars uit sy nate en weens Namibië se ooraanbod van politieke grapjasse, het die sirkus die uitnodiging om ‘n mallemeule te bedryf van die hand gewys.

• Hulle is bereid om volgende jaar ’n tent oor die regeringsgeboue op te slaan as ‘n permanente sirkus en dit “Flaterpark” te noem. Die mallemeule van interne onmin en huismoles is blykbaar die klap te veel.
Planlose strategie
 
Namibië se Ministerie van Buitelandse Sake het ‘n week nodig gehad om sy inwoners wat die teiken van geweld weens vreemdelinghaat geword het, te hulp te snel.

• Dit is verbysterend dat Namibiërs as bloedbroers van die ANC nou as vreemdelinge in die buurland vervolg word en dat die Namibiese Ministerie van Buitelandse Sake ‘n week moes wag om te reageer op die gruwel.

Danksy ‘n openhartige Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, weet Namibiërs dat hy met skok eers deur Republikein agtergekom het dat Namibiërs slagoffers is van die vreemdelinghaat en danksy mnr. Angula is die wiele nou aan die rol.

• Die Minister, mnr. Marco Hausiku, is uitstedig, maar sy adjunk, ene Lempy Lucas, se aanwesigheid word waarskynlik oortref deur haar opsigtelike afwesigheid van gees.

• Moontlik wag sy op ‘n uitnodiging om die Suid- Afrikaanse vlugtelingkamp vir Namibiërs met ‘n glasie sjampanje te open?

• Gee vir die harlekyn nog wyn?
Pohamba-verleentheid
 
Dit is geen wonder dat die Staatshoof, mnr. Hifikepunye Pohamba, eerder werkswinkels in Japan en Maleisië wil bywoon as om by die huis die doolhof van sy leierskap se slaapkamerpolitiek te probeer ontrafel nie.

• Hy is dalk uitgesluit? Me. Lucas wou of kon nie Namibiërs en mnr. Angula oor die Suid-Afrikaanse aanvalle op Namibiërs inlig nie, maar sy het mnr. Pohamba ingelig dat die regerings van Koeweit en Indië die Namibiese aansoeke om staatsbesoeke aan die lande te bring van die hand gewys het en nie nou daarin belangstel en geen nut sien om mnr. Pohamba te ontvang nie.

• Moet mnr. Pohamba dit ook in Republikein lees? Of gaan hy ook net werkwinkels in die twee lande bywoon?
Komplot van skandes
 
Kerneels doen nou amptelik aansoek as status van siener en profeet nadat hy oor die agterstallige water- en elektrisiteitsrekeninge van hoë ampsdraers korrek was deur dit as ‘n mombakkies vir munisipale onbevoegdheid en weerligafleier van swak administrasie te verwerp.

• Skaars was die ink van die profesie droog of dit word bekend dat die burgemeester van Windhoek, mnr. Matthew Shikongo, self ‘n wanbetaler van munisipale rekeninge is, terwyl hy sonder om te blik of te bloos die inwoners vermaan wat nie hul rekeinge betaal nie en die oorsaak is dat die armoediges geen dienste kan kry nie. Te veel moeite vir mnr. Shikongo om van sy kantoor af iemand na die kantoor langsaan te stuur?

• Of is sy amptenare te besig met private werk dat hulle nie omgee nie. Die "thrill" van Club Thrilla!

• Die enigste hoop is die ashoop en die “only hope” is Bob Hope.
Onderskatte intelligensie
 
Die polisie onderskat nie eens die bobbejane van die Auasberg-padblokkade se intelligensie soos die inwoners s’n geminag word nie.

• Is dit toevallig dat die lys van ministeriële wanbetalers van munisipale rekeninge nie net kamerade van mekaar is nie, maar baie goeie vriende en boonop toevallig nie van die Omusati-kliek is nie?

Kerneels glo nie in toeval nie en Swapo is nie intelligent genoeg nie en onthou nog soos gister hoe die munisipaliteit nie net ‘n 13de tjek nie, maar ’n 14de tjek goedgekeur het sodat die amptenare hul agterstallige water- en ligterekeninge daarmee kan betaal. En nou?

• Nou is die naweekberaad van die stadsraad oor die niksseggende verslae net ‘n tweede weerligafleier?

• Stel ‘n openbare kommissie van ondersoek aan as daar niks is om weg te steek nie.
Polisie-skande
 
Geen wonder die sirkus wil nie in Namibië om ‘n gehoor kompeteer nie en het die land blykbaar afgeskryf?

• Swapo se politieke "joker", mnr. Jerrykan Ekandjo, maak minder geraas, want daar is minder mense om voor te raas soos die handjievol wat vir sy Afrikadag-toespraak opgedaag het. Of het die baas vir hom ‘n beksak aangesit?

• Moet Namibiërs nou eers uitvind watter baas? Die arme NBC het nie eens geweet hoe om die vergadering respektabel te laat lyk nie en het maar ‘n “cash loan"-advertensiebord gewys om die kaal kolle om die UN Plaza mee te kamoefleer.

• Leë blik sonder ‘n gehoor? Mnr. Ekandjo moenie enige ding glo en praat wat in sy kop kom nie. Hy en sy “comrades” kan nie eens in dieselfde cucawinkel op Omuthiya ‘n bier drink nie, maar hy sien ‘n Afrika-unie.

• Is sy “decoder” stukkend of DStv dalk nie betaal nie?

• Is sy krag ooit aan?
NBC-skande
 
Dit word net oortref deur die byna histeriese aankondiging van die NBC dat ‘n veiligheidswag by die Skerpioenmyn gearresteer is omdat hy stakers met “rubberkoeëls” geskiet het.

• As ’n finale bevestiging van sotlikheid voeg die NBC se nuusleser die polisieverklaring se sotlikheid by dat drie vir kneusplekke behandel is, maar dat hul toestand “stabiel” is. Dit help niks die stakers se toestand is stabiel en die NBC s’n is onstabiele onkunde nie.

• As die NBC nie so gretig was om die polisiesotlikheid vir soetkoek op te eet nie, sou hulle geweet het dat die wag die stakers met ‘n verfbalgeweer geskiet het. Dat die bloukolle dalk van die “paint ball” was en dat ‘n mens uiters onkundig onstabiel moet wees om dit nie te weet nie.

• Monkey see, monkey do! ‘n Werker wat nie die verskil tussen ‘n “paint ball” en ‘n “rubber ball” ken nie, verdien in die eerste plek nie ‘n werk nie en behoort nie deur die myn ge-”lock out” te wees nie, maar eerder ge-”lock up” te wees as ‘n gevaar vir die Namibiese samelewing. Waar was die NBC die afgelope 18 jaar?

• Missing in action? Geen wonder die minister moet ‘n kommissie van ondersoek na die NBC instel nie. Hy moet eerder na die NBC begin soek!