Market indicators


8 Februarie 2012

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

19.02.2010

Beesdieftrop bou eie nasie

© Republikein
Kerneels
NAMIBIËRS vier binnekort twintig jaar van onafhanklikheid wat die afgelope maande weens interne krisisse en onderlinge politieke karaktersluipmoord ontaard het in ’n Swapo-rebellie wat die rewolusie na ’n Sondagskoolpiekniek laat lyk.

• Die interne stryd het nou die party se geldsake, slaapkamersake, gesiene voormalige kerkleiers van die bevrydingstryd oor die voormalige leier en eerste Swapo-wegbreker, mnr. Andreas Shipanga, as die “ikoon”van Swapo se bevrydingstryd, ontdek terwyl hy in obskuriteit afgetree was.

Nou is daar nog ’n nuwe faksie van uitgestote politieke Swapo-pensioenarisse wat soos Lazarus uit die graf teruggeroep word om by die party te spook.

• As daar nog geraamtes in die Swapokas is, is hulle dikvellig. ’n Politieke geraamte met selfrespek behoort self te loop voor een van die Swapo-voorbokke van die leierskap se bont trop hom ook uitsleep om ander geraamtes te verberg.
Toekoms se spoke
 
In ’n merkwaardige, openbare demonstrasie van politieke venyn, is dit nou eerwaardes wat aan mekaar spring, mekaar beswadder, bely oor aandadigheid, terwyl die persoonlike, finansiële raadgewers van die party se sakeryk mekaar verdag maak oor selfverryking, bedrog, korrupsie, skelmgeit, onbevoegdheid en nasionale bankrotskap.

• Die somtotaal is politieke bankrotskap. Normaalweg sou ’n mens ’n kommissie van ondersoek kon aanstel om die lug te suiwer, maar dit is nou duidelik dat daar nie lede is wat op so ’n kommissie sal dien nie, want hulle is waarskynlik self die onderwerpe van ondersoek.

• Voorskote vir die 2012-Swapokongresrebellie?
Vals eenheid
 
Swapo het nou weens sy toegesmeerde verdeeldheid oor 40 jaar se ereburgerskap van lala-land in sy interne faksie-oorloë vasgeval en gedra hom soos ’n vark wat in elke modderpoel wil rol.

• Watter Swapo gaan aanstaande maand by die 20ste onafhanklikheidsviering optree? Of is dit nog net Mix en die Vyfrandkamp se “renta- crowd” op wie die party kan staatmaak?

• As ’n bankrotdorp soos Okahandja wat danksy Swapo-leiers se slepende onbevoegdheid in die stadsraad en munisipaliteit die voorbeeld van ’n politieke oorlewingsgeveg word, is die moeilikheid diep.

• Die res van Namibië se dorpe waar die riool deur die strate loop en water en ligte aan- en afgesny word soos die verkiesings gehou word, skuif hul politieke grofgeskut van nog eise seker ook reg met verskeie onafhanklike Swapo-kandidate om teen die ander onderskeie Swapo-kandidate aan te tree?

Namibiërs ken die verskil tussen Dax en modder.

• Modder stel homself nie as “honourable” voor nie.
Swapo-werklikheid
 
Met Swapoleiers wat blykbaar hulself nie in die spieël sien soos hulle werklik lyk nie, is daar skerwe van die Omusati-Swapo met sy hooftamatie, die Oukwanyama-slagoffers van Swapo se skinderpolitiek, die Ndonga-aspirantleiers, Swapo-onafhanklikes of Swapo “two-faced”. Dan is daar die RDP-Swapo, Swapo-CoD en die nuwe front in wording, Swapo/DTA?

• Mnr. Shipanga kon nooit gedink het dat Swapo se gewete hom so sou pla dat hy ’n politieke “comeback” sal kan maak weens Swapo se gewete wat hom nou eers pla nie. Soos Swapoleiers nou aangaan, lyk dit asof mnr. Shipanga dalk nog die volgende president kan wees.

• “Compromise” kandidaat? Hopelik onthou mnr. Shipanga om ook aan te dring op die regstelling van die reputasie van Solly Mafima en Emile Appollus en sommer ook Uncle Paul van “chat show”-faam.

• Don’t forget to remember me…!
Beesdief-versoening
 
Swapoleiers van die verdeeldheid moet by die beesdiewe van eenheid gaan leer.

• Kritici van politieke gerieflike kameraadskap wat onder die mombakkies van nasiebou, nasionale versoening en eenheid in die Namibiese gemeenskap spook, sal ook hul woorde moet sluk.

• Die sluk van enigiets anders sal weens die verhoogde doeane- en aksynsbelasting op drank en sigarette nie meer moontlik wees nie. Boeretroos is al wat oorbly en soos dié deel van die Namibiese gemeenskap besteel en beroof word uit eie geledere, sal daar binnekort nie meer boere oor wees om te troos nie.

• Die wat hul medeboere troos, steel ook by dieselfde gestroostes. By leiersverdeeldheid en rugsteek-politiek afgekyk?
Bees se steelversoening
 
Die verskil tussen beestelers en beesstelers raak nou dieselfde.

• Die voorbeeld van versoening van die beesdiefstalsindikaat wat landwyd van die hoogste tot die laagste plaasstoepe opslae maak en dreig om van die mees vooraanstaande landbouinstellings in ernstige verleentheid te dompel, maak van die grondwetskrywers se destydse samewerking ’n terloopse ontmoeting van ou politieke vriende wat net ’n ou formaliteitjie soos ’n 1 April-inval, -skietsilstand, VVO-verkiesings en onafhanklikheid moes afhandel.

Weens nasionale versoening tussen kriminele wit boere (kommersiële boere), beginner-Ovaherero- boere (voorheen benadeelde, regstellende aksieboere met agterstallige landbanklenings) en tradisionele boere (kommunale boere wat onwettig agter elke graspol aan trek) en ontsnapte en vrygelate gewoontemisdadigers, is daar ’n sterk moontlikheid dat die grootste meerderheid van die nasionale veestapel gesteel is, besig is om gesteel te word of in die toekoms gesteel gaan word.

• Voor die bulle kan teel, is die koeie gesteel! Die Namibiese Landbou-unie (NLU) behoort bekommerd te wees dat hy weens die getalle gesteelde vee in die georganiseerde bemarkingskanale en wettig in besit van eerlike, hardwerkende beginner- en gevestigde boere, nie meer die meerderheid landbouers organiseer nie.

• Die kriminele is blykbaar beter georganiseer. Dit begin ’n skrikwekkende moontlikheid word dat die georganiseerde beesstroopvakbond weens beesgetalle groter as die Landbou-unie, die kommunale boereverenigings asook die plaaswerkersvakbond saam is.

• Selfs die abattoirvereniging moet bekommerd wees of hy nie per ongeluk danksy die nasionale samewerking en broederskap, meer gesteelde beeste slag as wat hy wettige beeste koop nie. Die kleinveeprodusente en die abattoirs sal nog stry oor bemarking, dan het hulle nie eens meer ’n skaap om aan mekaar te verkoop nie en is dit in die hande van die land se veediewe wat oor politieke, taal- en kultuurverskille weens krimineelgeit versoen is.

Maak ouditskê?
Beesdief-alliansie
 
In ’n merkwaardige alliansie deel boere wat grondhervorming verwerp nou baie gesteelde beeste met die boere wat hul grond sonder vergoeding wil toe-eien.

• Nou is daar net vrede as mense saam steel. Geen wonder daar is die afgelope jare nie vordering gemaak met die uitroei van beesdiefstal ten spyte van strawwe wat kort duskant die doodstraf draai nie.

• Niemand weet nou wie om te vertrou nie, maar die diewe weet.

• Die Nasionale Vergadering kan nie eens waag om ’n debat hieroor te voer nie, want dan verdeel hulle nog verder en maak nog meer politiek waarmee hulle mekaar onderling kan uitroei.

• Wil die parlementslede daaroor stry? Die Fanmeat-stelsel kon nooit dink dat dit vertolk en misbruik sal word deur kriminele en boere as ’n “fan of meat” of ’n “meat fan”-plundertog nie.

• Ai, tog!

Kerneels