Market indicators


8 Februarie 2012

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

5.02.2010

‘Running Dog’ nou ’n trop

© Republikein
Kerneels
DIE stout kinders in die politiek en staatshuishouding speel nou al met vuurhoutjies in die Swaposlaapkamer waar die ouers oor verblyfreg stry nadat die meubels in die huismoles gebreek is.

• Swapo se leiers van onmin moet politieke genadedood oorweeg, want hul selfmoordpogings rek net die lyding uit. As die vure geblus word soos met die nou ooglopende “vals” vals beeld van eenheid, is daar blykbaar genoeg tweedespanspelers op die reserwebank om weer die vure aan die brand te hou.

• Dit is as hulle mekaar nie in die rug steek of in die rug gesteek word nie.
Politieke narkose
 
Die nasionale narkose van broederliefde waarmee Namibiërs met die afgelope verkiesings aan die slaap gesus moes word en die kettings waarmee hulle hul eie skeibrekers vasgemaak het, is ’n droom waaraan die sogenaamde leierskap nie eens meer kan glo wanneer die Adjunkminister van Plaaslike Owerheid, mnr. Kazenambo, en sy baas, mnr. Ekandjo, oor ’n Indiese beurs aanmekaar spring nie.

• Dit is presies die resultaat van die plan om sedert 2004 demokrasie te beheer sodat die uitslag binne die party nie dalk skokgolwe veroorsaak nie. “Controlled democrary out of control?”

• Mooi geleer by die desydse Nasionale Party se base. Sal ook so oorkom, want vandag is nie eens meer die naam van die party in Suid-Afrika en Namibië oor nie. Swapoleiers wou al lankal nie die baas wat hulle het, gehad het nie en nou is almal baas.

• Asof Swapo-CoD en Swapo-RDP nie erg genoeg is nie, is daar nou al op Okahandja ook ’n Swapo Independent.

• Iesh!
Kiesrekord
 
Net toe Namibiërs ’n sug van verligting wou slaak dat die Verkiesingsdirektoraat se onbevoegdheid die land se naam nie meer skade kan berokken as wat dit reeds gedoen het nie, doen hulle dit op een van die spogdorpe wat die afgelope 20 jaar weens onbevoegdheid soos ’n kraal lyk en bestuur word, Okahandja, in die oortreffende trap.

• Die spraaksame Ueitele van die ECN moet bietjie vir Namibiërs vertel hoe dit gebeur dat die ontslape voormalige goewerneur van Otjozondjupa, mnr. Theophillus Eiseb, op die kiesersrol kan wees om ’n vakature te vul wat hyself met sy afsterwe veroorsaak het?

Die enigste ander persoon in die geskiedenis van die mensdom wat dalk sou kwalifiseer, is oorlede Lazarus van die Bybel, maar toe was daar gelukkig nie ’n ECN nie.

• As oorlede mnr. Eiseb volgens die ECN nog op Okahandja kan stem, kan die ontslape opperhoofde Maharero en Kutako asook Jan Jonker Afrikaner ook aan die tussenverkiesings deelneem, maar is dalk gediskwalifiseer omdat hulle beslis nie onder die huidige omstandighede vir Swapo sal stem nie. Wat van die Schutztrup op die Ruiterstandeeld.

As hy deur Okahandja gery het, behoort hy ook te kan stem of is hulle bang hy en die perd stem ook RDP?

Kerneels is bly dat oorlede mnr. Eiseb in die Okahandja-kiesafdeling sal kan stem. Mnr. Eiseb kan die onreg regstel wat teenoor hom gepleeg was toe hy deur Swapo-kamerade in die streekraad in die rug gesteek is soos wat die ”five-to-twelve”-Swapo’s hul bloubloed Katamilas op die sylyn gerangeer het.

• Kerneels sal beslis vir Swapo stem as mnr. Eiseb hulle kandidaat op Okahandja is. Kom nou, Ueitile. Ueitile nou hoe slim sy baas kan vang?

• Hy moet ophou om die media lesse te gee en eerder sy eie mense oplei! En mnr. Eiseb is maar net een van 500 twyfelagtige stemme.

Hy kan ook een van 5 000 wees. As die fout 500 op ’n Okahandja-kiesersrol kan wees, moet die ECN se rol minder werd wees as die Daxrolle waarmee Reboboth se grootste ontwikkeling, die Dax-nagwaskema, nie kan voorbly nie.

• Kerneels wil juis vir die agbare Dax’e aanbeveel om by die Klein Aubmyn se sinkgate ‘n sak te span en ’n dak oor te sit. Met ’n kommunale puttoilet, hoef hulle nie so heen en weer te ry nie.

• Hulle moet nou net keer dat die beweerde amptelike voertuigmisbruiker van Rehoboth, ene Links, nie regs draai in die sinkgat in nie. Dan word hy as staatsvoertuig-miskruier ook aangekla!
ACC se ECN
 
Dit is vandat alle gesagstrukture in die land afkortings het wat niemand weet wat dit beteken nie, dat misbruik, korrupsie en onbevoegdheid so geil soos Rehoboth se puttoilette groei.

• Die ACC behoort die ECN se rekords aan te vra om uit te vind vir wie se begrafnis die leiers reis- en verblykoste geëis het wat mnr. Eiseb se begrafnis moes bywoon. Kerneels hoop dit is nou sommer die begrafnis van die gevoellose arrogansie, beterweterigheid en minagting waarmee die ECN die verkiesing en die demokrasie bejeën.

• Na alles het Namibië werklik gehoop hulle sal op Okahandja meer bedag wees op ’n skandaal, maar toe soek en vind hulle ’n groter een. Hulle ken blykbaar nie die verskil nie.
Pampoenspook-politiek
 
’n Maand gelede was Swapo se pampoenspoke die Kwanyamas, die RDP en die voormalige kroonprins, mnr. Hidipo Hamutenya.

• Nou is dit stamboek-Swapo’s en rasseverdeeldheid wat deur die party se eie, veronderstelde leiers op die drumpel van ’n onafhanklikheidsfees teen mekaar aangejaag word.

• Sies man, word onafhanklik!

Die vakbonde en Swapo se kortbroekministers tree met mnr. Pohamba nou soos Kerneels se familie op wat die erfporsie verdeel voordat daar sprake van siekte in die familie is.

• Mnr. Pohamba, wat nog nie ingehuldig is nie, moet nou by Kazenambo, ’n man wat in die parlement sy vinger onder ’n vrou soos me. Nandi-Ndaitwah se neus gedruk het, hoor dat ’n mede-Owambo hom nie mag opvolg nie en dat sy pêl Jerry Ekandjo met ’n rasseskoonmaakveldtog in Swapo besig is.

Regtig?

• Is dit omdat me. Afrikaner ’n “kwangarra” is dat mnr. Ekandjo haar bokke nie wil teruggee nie?

Mnr. Kazenambo moet sommer daaroor ook bedank. In die proses stel hy boonop dr. Geingob, wat geen sweem van etniese en stampolitiek in 20 jaar gehad het nie, maar eerder die baanbreker was wat verskillende mense rondom ’n grondwetlike ideaal as voorsitter van die Grondwetskrywende Vergadering kon verenig, in die verleentheid.

• Kazenambo is self besig met ’n skoonmaakveldtog. Eers was dit me. Nandi-Ndaitwah, nou Ekandjo en “who is next”?

Me. Iivula-Ithana moet oor haar skouer loer.

• Wat sê die spreekwoord nou weer van die makste hond?

Sy moet bietjie by Kazenambo en sy Kaarondastamgenoot vra waar hulle die afgelope verkiesing gestem het, want as Kerneels so na die uitslae kyk, is dié twee die eensaamste twee Herero’s, want die ander het vir Nudo, RDP, Swanu, die DTA, en CoD gestem?

Of hoe?

• Swapo kan maar self die uitslae “check”. Swapo het met die vier blankes wat ‘n “paartie” met die Swapo-party verwar het, meer blankes op ’n foto as Herero-stemme.

• Watter werkers verteenwoordig ene Evilastus Kaaronda in elk geval. Die duisende noordelike werkers wat soos slawe deur die Chinese behandel word of die honderde inwoners van Eenhana en Oshikango wat hul grond verloor het vir Chinese besighede?

• Sê net!

Kaaronda het so kontak met Namibië verloor dat hy nog sy NUNW “cash loan”-pos ook gaan verloor.

• Klink met sy natbroek politiek eerder na Eva of Eveline Kaaronda?
Eensame tweemanskap.
 
• Kerneels ken vir Swapo dalk beter as die tweetjies. Die man wat hulle nou aanhits, is dalk die man wat hulle in ’n lokval lei.

• Moenie later sê oubaas Kerneels het nie gewaarsku nie.

Kerneels