17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

31.08.2010

Watervrese aan die kus

‘n DALING in die opbrengs van die Omdel-waterskema by Hentiesbaai het kommer by bestaande en nuwe uraanmyne geskep dat ontwikkeling en produksie deur ‘n tekort gestrem gaan word.

Die bestaande Rössing is een so ‘n myn met twyfel of sy onttrekkingspermit vir Omdel-water hernu gaan word. Die probleem word bespreek in die Aurecon-studiestuk oor die omgewings- en maatskaplike trefkrag van ‘n uitbreiding by Rössing wat die mynleeftyd tot 2023 en selfs daarna kan verleng.

‘n Verslag oor die Rössingtoekoms sal voor die einde van die jaar verskyn.

Volgens die studie is dit onwaarskynlik dat ‘n permit vir waterlewering deur die Omdelskema in die bedding van die Omaruru-rivier verleng gaan word. Die ondersoekspan is bewus van Walvisbaai se Kuiseb-waterskema wat vergroot word, maar twyfel bestaan of ‘n groter Rooibankskema vir die verlies aan Omdel-water sal kan instaan.

Rössing en ander uraanmaatskappye werk reeds saam vir die bespoediging van ‘n tweede seewaterontsoutingsaanleg, dié keer deur NamWater as grootmaatverskaffer.

‘n Gerusstelling deur die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou is dat die watertoevoer na bestaande gebruikers nie verminder gaan word voordat alternatiewe waterbronne nie beskikbaar is nie.

Vir die myne is ‘n bron van kommer dat dit selfs jare kan verg voordat so ‘n tweede seewaterontsoutingsaanleg in produksie is. ‘n Tussentydse maatreël kan wees om oorskotwater van die eerste ontsoutingsaanleg by Wlotzkasbaken aan te wend.

Rössing se jaarlikse watergebruik wissel tussen 3,5 miljoen en vier miljoen kubieke meter. Die uitbreidings wat nou ondersoek word, kan die gebruik tot ses miljoen kubieke meter water per jaar verhoog.

Volgens die studiestuk kan ‘n tweede seewaterontsoutingsaanleg ‘n gesamentlike onderneming tussen die mynmaatskappye en NamWater wees.