17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

11.01.2012

Vuil fasiliteite langs die kus laat vakansiegangers verstom

© Edgar Laue
Die braaigeriewe was steeds vuil na die vorige dag se gebruik.

VUIL en onhigiëniese geriewe het vakansiegangers tydens die Desembervakansie verstom gelaat oor die agteruitgang van een van die gewilde en geliefkoosde rusoorde langs die kus.

Dagbesoekers by Dolfynstrand was glad nie beïndruk tydens ʼn besoek daar nie. “Ons moes vir 20 minute wag tot hulle die hek kom oopmaak het omdat hulle met die bank besig was om hul boeke te balanseer,” het mnr. Edgar Laue, ʼn gereelde besoeker, gesê.

“Tydens vakansies by die see sal ons gesin altyd ’n dag daar deurbring, gesellig om ’n braai verkeer, lekker swem en net die dag geniet,” het hy gesê.

Maar waarop hulle Desember afgekom het, het hulle verstom gelaat. “Een van die ablusieblokke van die mansbadkamer se urine-bak was tot oorlopens toe vol omdat dit nie kon spoel nie. Die wasbak was in ʼn haglike toestand en so ook die vloer,” het Laue gesê. “Die waterstelsel van die toilet was so verniel dat die water onophoudelik geloop het.” Hy het daarna self die kraan toegedraai om die verdere verlies aan water te voorkom.

Behalwe vir die badkamergeriewe, was die swembad se water ook nie van die skoonste nie, die braaigeriewe was nie skoongemaak van die vorige dag se gebruik nie en vullis het uit die asdromme geval so vol was dit.

“Teen twee-uur die middag toe ons op pad uit is, was die dromme steeds nie leeggemaak nie,” het hy gesê.

Laue wil graag trots voel op sy land en “aangesien toerisme so baie geld inbring, laat voorvalle soos die jou eerder jou kop in skaamte sak.”

By navraag by die munisipaliteit van Walvisbaai, het mnr. Gert Kruger versoek dat die foto’s en inligting vir kommentaar aan hom gestuur word.

“Dit is die eerste keer dat ek van sulke klagtes hoor en sal eerder eers die bewyse wil sien voor ek kommentaar in die algemeen lewer,” het hy gesê.

Hy doen ʼn beroep op vakansiegangers om ook met klagtes na hulle toe te kom, indien enige probleme opduik.