24.07.2008

Voortrekkers presteer


Twee Voortrekkers van Swakopmund, Jaco Jordaan (links) en Henning van Wyk, het pas elkeen die Presidentsverkennertoekenning in Suid-Afrika verwerf. Dit is die hoogste toekenning wat ’n skoolgaande Voortrekker kan behaal. Die standaard van die toekenning is baie hoog en behels onder meer ’n teoretiese eksamen, die indien van twee projekte/referate en ’n praktiese eksamen wat op Doringkloof in die Vrystaat afgelê moes word. Die toekenning het ook ’n eenmalige beurs by die meeste tersiêre instellings in Suid-Afrika tot gevolg. Henning het ook ’n goue toekenning vir uitstaande leierskap as ’n Namibiese jeugleier ontvang. Henning en Jaco is altwee verbonde aan die Alex van Rooyenkommando op Swakopmund en is graad 12-leerlinge aan die Hoërskool Namib. By Jaco en Henning staan hul offisier, me. Mildred van Wyk.