Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

4.03.2010

Visier op skaars vis

BESTUURSTELSELS vir vier Orange Roughy-velde binne Namibië se ekonomiese eksklusiewe sone (EEZ) op see kan in 2011 deur Namibiese en Spaanse wetenskaplikes nagevors word.

Die Spaanse navorsingsboot RV Vizconde de Eza is uitstekend vir die doel toegerus. Dit was Maandag ’n toekomsblik van Namibië se Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne, dr. Abraham Iyambo, op ’n onthaal op die navorsingsboot in die Walvisbaaise hawe.

’n Volledige opname en kartering kan van die vier velde van die skaars en duur vissoort gedoen word. Namibiese wetenskaplikes het dr. Iyambo reeds meegedeel dat die Spaanse boot uitstekend vir die doel toegerus is. Wetenskaplikes van die wêreld behoortgeldelik en met toerusting toegerus te word om antwoorde op die seelewe en die geheimenisse daarvan te vind, het dr. Iyambo gesê.

In die Namibiese EEZ word ’n geskatte vyfhonderd spesies aangetref, waaronder vinvis, skulpvis, soogdiere van die see en nog meer. Behoorlike navorsing is oor net sowat twintig van die spesies gedoen. Die navorsing het hoofsaaklik oor die vastelandsplat tot op ’n diepte van 600 meter gehandel.

Die meeste van die inligting is deur die navorsingsboot Welwitschia ingewin. Waardevolle inligting is ook deur ’n Noorweegse vaartuig, die Dr. Fridjof Nansen, bekom. Spanje het samewerking verleen met navorsing oor die spesies van die dieper seegebiede.

Die Vizconde de Eza het waardevolle inligting saamgestel oor dieptes van 500 meter tot 2 000 meter. Dit het oor verspreiding van die vissoorte, hoeveelhede, temperature, soutgehalte van die water, die beskikbare suurstof en lengtes van die bronne gehandel.

Opmetings is ook van twee seeberge op die Walvisrif, die Ewing en die Valdivia Bank, gedoen. Namibiese wetenskaplikes het in al die opnames gedeel.