17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.07.2011

Toekoms wink weer ná ramp

URAAN gaan Fukushima oorleef. Vanjaar gaan die prys nog onder US$60 per pond bly en selfs tot onder US$50 per pond daal. Die herstelfase gaan egter in 2012 intree. Dit is die voorspelling van Adam Schatzker, ’n markwaarnemer van RBC Capital Markets.

Hy voorspel dat selfs Duitsland sy beleid gaan hersien en nie al die land se kernreaktors gaan sluit nie. Dit is ook onwaarskynlik dat Japan uraan as kragbron gaan laat vaar, ondanks die Fukushima-ramp.

Volgens Schatzker het China, Indië en Suid- Korea nie hul planne hersien vir die bou van kernreaktors nie. Terselfdertyd het Saoedi- Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate, Turkye en Viëtnam nuwe kernkragplanne aangekondig.

Fukushima was nou die faktor wat uraanpryse afgedwing het, sê hy. Teen 2012 gaan Fukushima stadigaan vergeet word. Dan gaan vraag en aanbod weer die rolspeler in die pryse word.

“Daar is nie genoeg uraan vir die kernreaktors nie – nie genoeg vir die hede nie en ook nie genoeg vir die toekoms nie. Net ’n hoër uraanprys gaan die gaping vul."

Oor die heersende uraanprys sê Schatzker baie hang af van wat Japan die res van die jaar gaan doen met die bestellings wat uitgevoer gaan word.

Sy voorspelling is dat die vraag vir uraan tot in 2014 teen ’n tempo van 3,1 persent gaan groei. Dit is ’n stadiger as die 3,5 persent wat vroeër voorspel is. Teen 2014 behoort ’n groot tekort aan uraan te ontstaan.