|
|
6.2.2012 ‘Geen uraanmyn kan sonder Nimt-opleiding’ |  ’n BLYWENDE oplossing moet gou gevind word om in die lig van Namibië se hoë werkloosheidsyfer en die toenemende behoefte aan opgeleide vakmanne meer studente aan die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) te laat oplei.
Dit was die skadu wat dr. Lees meer |
|
2.2.2012 MUN vry na Langer Heinrich-werkers |  DIE proses van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) om as die verteenwoordigende vakbond van werknemers by die Langer Heinrich-uraanmyn op te tree, het begin.
Die stap volg nadat die vakbond die myn verlede maand tydens ’n nuuskonferensie op Swakopmund van ongrondwetlike optrede beskuldig het. Lees meer |
|
12.12.2011 Chinese bied miljarde aan vir Husab-uraan |  URAANHONGER China kan met ’n verpligte aanbod van US$2,2 miljard of ongeveer N$17,8 miljard vir Extract Resources die alleenbeheer oor Namibië se reusagtige Husab-uraanprojek kry.
Hierdie aanbieding vir die wêreld se vierde grootste uraanvonds was teen ... Lees meer |
|
28.9.2011 Extract staan bakhand vir Husabn |  DIE geldgesprek oor Extract Resources se Husabmyn in die Namib het begin. Die Australiese mynmaatskappy soek lenings van sowat US$1,66 miljard in ’n proses wat ook die beleggerstandpunte in uraan sal toets ná die Fukushima-ramp in Japan.
Uit Perth word ... Lees meer |
|
28.9.2011 Dek die tafel vir geldmanne |  DIT is die plig van inwoners van die Erongo-streek om die regte raamwerk te skep waarbinne nuwe toetreders tot nywerhede soos die myne in die Namib kan opereer, sê die streekraadslid vir die Daures-kiesafdeling, mnr. Ehrnst Katjiku. Daar moet verder en vinniger ... Lees meer |
|
28.9.2011 Uraanprys tel op | ’n GERINGE verbetering het in die laaste week van September in die wêreldprys van uraan ingetree. Volgens die internasionale Bureau of Resources en Energy Economics staan die verbeterde uraanprys op US$52,75.
Die verwagte gemiddelde uraanprys vir die jaar word op sowat US$57 per pond gestel. Lees meer |
|
20.7.2011 China se oog nou op Etango | CHINA het met aanstaltes gekom om beheer oor Bannerman van Australië se Etango-mynprojek in die Namib te kry. Die aanbod deur die Sichuan Hanlonggroep beloop US$154,9 miljoen.
Bannerman se eerste reaksie op die aanbod was dat die Chinese se aanbod duidelik ... Lees meer |
|
20.7.2011 Franse bly glo in kernkrag | VIR kernkrag is daar geen alternatief nie, sê Nicholas Sarkozy, president van Frankryk. Daarom gaan Frankryk US$1,4 biljoen in sy kernkragprogram aanwend. Frankryk is nou die wêreld se tweede grootste aanwender van kernkrag met 58 kernreaktors wat 74 persent van die land se krag opwek. Lees meer |
|
20.7.2011 Toekoms wink weer ná ramp | URAAN gaan Fukushima oorleef. Vanjaar gaan die prys nog onder US$60 per pond bly en selfs tot onder US$50 per pond daal. Die herstelfase gaan egter in 2012 intree. Dit is die voorspelling van Adam Schatzker, ’n markwaarnemer van RBC Capital Markets.
Hy ... Lees meer |
|
29.6.2011 Vraag na uraan bly |  VOOR die einde van die huidige dekade sal uraanproduksie moet verdubbel om in die behoeftes van ’n wagtende wêreld te voorsien. Daar moet voorberei word op die vraag van die bestaande kernkragsentrales en die wat oor die volgende vyftig jaar gaan bykom. Die ... Lees meer |
|
|