17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.02.2012

‘Geen uraanmyn kan sonder Nimt-opleiding’

’n BLYWENDE oplossing moet gou gevind word om in die lig van Namibië se hoë werkloosheidsyfer en die toenemende behoefte aan opgeleide vakmanne meer studente aan die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) te laat oplei.

Dit was die skadu wat dr. Gabi Schneider, ondervoorsitter van die Raad van Trustees van Nimt, op ’n sonnige Arandis tydens die mondigwording van die mynskool oor die feestelikhede laat val het.

Schneider het gesê Nimt is as gevolg van onvoldoende finansiering steeds in die onbenydenswaardige posisie dat nie alle aansoekers aanvaar kan word nie en verskeie jong Namibiërs die deur gewys word.
Dit terwyl die mynbou-en ander sektore ’n tekort aan opgeleide werkers ervaar en buitelanders op ’n gereelde grondslag in diens geneem word.

Die donker wolk kon nietemin nie ’n demper plaas op die feestelikhede tydens die herdenking van ’n suksesverhaal van 21 jaar nie. Met die bekwame uitvoerende direkteur van Nimt, mnr. Eckhard Mueller, aan die spits het die Instituut gegroei van ’n skamele 14 studente op een kampus tot waar 3 000 studente jaarliks op vier kampusse as vakmanne opgelei word.

Mueller het in sy terugblik van waar Rio Tinto op die dag van Namibië se onafhanklikwording aangekondig het dat dit ’n mynskool vir Namibië tot stand sal bring wat tot die geboorte van Nimt gelei het, gesê Nimt is ’n spanpoging waar die jeug van die land verstandelik, geestelik en sielkundig ontwikkel word.
Nimt is vir die eerste vier jaar van sy bestaan deur Rössing geborg, waarna dit in 1994 ’n onafhanklike organisasie geword het wat deur ’n raad van trustees bedryf word.

Mueller het ook uitgewys dat ’n behoefte aan uitbreiding by Nimt bestaan vanweë die groot tekort aan opgeleide vakmanne.

’n Voormalige hoof uitvoerende bestuurder van Rössingmyn, mnr. Mike Leech, het tydens die vieringe gesê sonder Nimt sou daar nie uraanmyne in Namibië wees nie.

Mnr. Isak Katali, Minister van Myne en Energie, het namens President Hifikepunye Pohamba sy gelukwensing aan Nimt oorgedra.