17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.07.2011

China se oog nou op Etango

CHINA het met aanstaltes gekom om beheer oor Bannerman van Australië se Etango-mynprojek in die Namib te kry. Die aanbod deur die Sichuan Hanlonggroep beloop US$154,9 miljoen.

Bannerman se eerste reaksie op die aanbod was dat die Chinese se aanbod duidelik aan die daling in aandeelpryse na die Fukushima-ramp in Japan dui.

Die toenadering dui wel op die belang van Etango met sy groot moontlikhede en ’n lae risiko. Vir Bannerman is die aanbod net nog reaksie in sy soeke na ’n vennoot vir die mynontwikkeling.

Daar is wel verklaar dat die gesprek met Hanlonmg gaan voortduur, maar dat ’n eksklusiewe reg aan die Chinese nie bestaan nie. Gesprekke sal terselfdertyd met ander instansies gevoer word wat in ’n vennootskap belang stel.

Hanlong se aanbod was China se tweede groot poging die afgelope maande om ’n mynbelang in Namibië te bekom. Die eerste was China Guangdong Nuclear Power se aanbod om beheer oor Kalahari Minerals te kry.

Kalahari het op sy beurt ’n belang van 43 persent in Extract Resources met sy Husab-myn van Swakop Uranium. Hanlong het Bannerman ook vir ’n eksklusiewe onderhandelingstydperk van drie maande gevra. Dit is nie toegestaan nie.