23.07.2008
© Anneli Erasmus
Twee jong geesdriftiges met ‘n groot liefde vir perdesport op die veertigste skouspring- en dresseertoernooi van die Omaruru Reiterverein. Links sit Simson Uazeua en by hom is Asser Krembona. Hulle het elke nommer in die arena gevolg en hul applous het van ‘n verbasende kennis van die ruitersport getuig.