17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

24.02.2010

Teer boor Namib oop

DIE skatkis van die Namib gaan verder ontsluit word met ’n teerpad vanaf Arandis na die Trekkopje-myn van die uraansoekers Areva. Die kortpad met ’n teerbaan kan selfs ná die mynsluiting geweldige voordele vir die plaaslike gemeenskap inhou. Dit sal ’n infrastruktuur skep wat deur die spoor- en padeindpunte op Arandis bedien kan word. Ontwikkeling sal deur die teerpad aangemoedig word.

Dit sal weer ekonomiese moontlikhede vir die plaaslike gemeenskap skep, volgens ’n moontlikheidstudie wat deur die mynkonsultantegroep Turgis in opdrag van Areva uitgevoer is. Die padafstand tussen Arandis en die myn sal van die 59 km op die bestaande weë tot net 30 km krimp. Turgis gee toe dat daar vir die gemeenskap ’n klompie negatiewe aspekte tydens die boufase van die pad gaan wees.

Met die regte bestuur sal die pad egter ’n groot positiewe bydrae kan lewer. In die boufase van die teerpad sal dit ’n werkskepper vir die plaaslike gemeenskap wees. Van plaaslike arbeid sal gebruik gemaak word om ’n verdere toestroming na Arandis te verhoed. ’n Stryery sal ook nie tussen ou inwoners en nuwe intrekkers ontstaan weens verskillende maatskaplike gebruike nie.

Die ondersoek het nie blywende skade uitgewys wat so ’n pad op die maatskaplike vlak gaan bring nie. ’n Beperkende faktor vir die bou van die pad kan die beskikbaarheid van vulmateriaal wees. Baie boorgate sal geboor moet word om die diepte en chemiese samestelling van moontlike vulmateriaal te bepaal.

Eers ná ’n ondersoek sal bepaal kan word waar die groewe vir die bou van die pad moet kom. Eers dan sal ook vasgestel word in watter mate oorskotmateriaal van die myn gebruik kan word. Daar sal ook vasgestel moet word of die mynmateriaal geskik vir die bou van die pad gaan wees. Sou radio-aktiewe materiaal in die mynafval voorkom, sal dit nie vir die bou van die pad gebruik kan word nie.

In ’n omgewingsondersoek is aanbeveel dat die pad aan die einde van die mynleeftyd verwyder moet word. Rehabilitasiewerk sal dan op die padroete gedoen moet word. Die omstandighede met mynsluiting kan egter nie nou voorspel word nie. ’n Moontlikheid bestaan dat plaaslike owerhede en selfs ander myne ten gunste van die behoud van die pad gaan wees.

Nog ’n moontlikheid is dat dit selfs wenslik gaan wees om die pad te verleng. Duikweë sal op die nuwe teerpad aangebring moet word vir ’n vrye vloei van water. Sodoende sal die verspreiding van plantegroei deur die stroom volgehou kan word.

In die boufase gaan die beskikbaarheid van water ’n probleem skep. Water sal deur die konstruksiespanne gebruik moet word om oormatige stof te beperk. Minder gasse sal deur die uitlaatstelsels van voertuie op die korter roete in die atmosfeer vrygestel word.