Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

08.02.12

Tuisblad van 08 Feb '12

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

4.03.2010

Swakop se spietkops skiet g’n skoot vir orde

SWAKOPMUND se munisipale verkeersmanne is nie skietpiete nie. Oor ’n tydperk van 14 jaar is uit sewe van agt handwapens nie ’n enkele skoot gevuur nie. Die agtste pistool, ’n Star, is op 28 Junie 2006 gesteel. Die klag van diefstal word steeds ondersoek.

Die wapenstilstand van ’n beweerde 14 jaar het meegebring dat skietgoed nie weer deur die verkeersafdeling aangehou gaan word nie. Die sewe handwapens, drie rewolwers en vier pistole, waaroor die verkeersafdeling steeds beskik, gaan ingevolge ’n stadsraadsbesluit op ’n veiling aan gelisensieerde kopers van die hand gesit word.

Die sewe is twee Arminius- en een Rubyrewolwer en twee Waltheren twee Star-pistole. In ’n ondersoek is bevind dat een Walther- en een Starpistool ná ’n behoorlike diens nog diens kan doen. Die ander vyf is nie meer geskik vir selfverdediging deur verkeersbeamptes nie, het ’n wapenhandelaar bevind.

Hy het vasgestel dat die goed deur die jare heen verwaarloos het en nie gereeld gediens is nie. Die genoemde Walther en Star kan behou word, maar dan moet hulle gediens word teen N$500 per wapen.

Die betrokke handelaar het ook vir die vervanging van die arsenaal van sewe met twaalf 9 mm Makarov Baikal M-442’s gekwoteer. Die wapens sou N$28 200 kos. Sou elkeen van die twaalf skoonmaakeenhede moes kry, gaan dit nog N$6 000 kos – N$500 per wapen.

Die uitgawe met verkoopbelasting bygereken sal dan N$34 500 wees. Die stadsraad het op sy maandvergadering besluit die ou wapens kan maar gaan en dat nuwes nie aangeskaf gaan word nie.