Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

2.09.2010

Spiere gaan bult vir Mnr. Weskus


Matthew Smit (links) en Kogisho Pogisho (regs) saam met hul afrigter, Jood Opperman, maak gereed vir die kus se liggaamsboukompetisie op 6 November op Walvisbaai. Minstens 25 liggaamsbouers het al belangstelling getoon om as Mnr. Weskus bekroon te word.
in die Erongo-streek het rede om opgewonde te wees. Hierdie eens dooie sport gaan nuwe lewe kry nadat die spierboufanatici Davey Platt en Jood Opperman se planne gestalte gekry het.

Hulle eerste beplande kompetisie, Coastal Body Building, sal op 6 November op Walvisbaai gehou word waar spierbouers om die titel Mnr. Weskus gaan meeding. Inskrywingsgeld beloop N$50 per deelnemer. Die laaste Namibiese spierboukompetisie was in die vroeë jare negentig en sedertdien het die kode stagneer.

“Daar is in Namibië ʼn groot behoefte om op ʼn mededingende vlak deel te neem,” sê Davey Platt.

Vir hul beplande kompetisie verwag hulle ten minste 25 deelnemers van Swakopmund, Walvisbaai en Windhoek.

“Die mense het nie meer iets om voor te oefen nie,” sê Davey, wat die taak saam met Jood op hul breë skouers geneem het.

“Ons wil graag aan mense met ʼn passie vir liggaamsbou ’n geleentheid gee om hul werk te vertoon.”

Beide Davey en Jood is gewillig om mense wat belang stel onder hul vlerke te neem. Davey by die gimnasium Powerhouse op Walvisbaai en Jood by die gimnasium Live It! op Swakopmund, is reg om mense te leer hoe om deel te neem in die tipe kompetisies, onder meer hoe om te oefen en hoe om te poseer. In Windhoek kan met Warrick Williams geskakel word. Vir die beplande kompetisie sal daar vyf beoordelaars wees, onder wie Jood Opperman.

Jood het Namibië in 1994 by die Wêreldliggaamsboukampioenskappe in China verteenwoordig en dieselfde jaar was hy tweede in die Natuurlike Liggaamsboukompetisie in Durban, Suid-Afrika. Die ander vier beoordelaars sal uit twee mans en twee vroue bestaan. Davey en Jood se passie vir die sport bring mee dat hulle die kompetisie uit hul eie sakke finansier, maar hulle verwelkom enige borgskappe.

“Liggaamsbou hoef ook nie net by die kompetisie te stop nie,” sê Davey.

Dit kan ’n leefstyl word. Dit geld veral vandag waar 52 persent van die land se mense nie werk het nie. Werkgeleenthede sluit in modelwerk, korporatiewe sekuriteitsdienste, afrigters vir sportsoorte soos rugby en ook persoonlike afrigters.

“Namibië word ook nog nie op hierdie gebied verteenwoordig nie,” sê Davey.

“In Botswana en Suid-Afrika word die sportsoort wel beoefen. Ons het iemand nodig wat die teuels kan opneem.”

Davey het ʼn beroep op ernstige spierbouers in Namibië gedoen om deel te neem aan die kompetisie in November op Walvisbaai.

Vir volledige inligting kan die volgende persone geskakel word: Davey Platt op Walvisbaai - 081 124 2942; Jood Opperman op Swakopmund - 081 293 5522 en Warrick Williams in Windhoek - 081 446 230.