Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

11.03.2010

Sorgsentrum se drome word waar

© Republikein
Die voorsitter van die vereniging vir die Hentiesbaaise Sorgsentrum, mnr. Kotie van der Merwe en suster Joey Malan tydens die amptelike inwyding van die sentrum.
DIE werklikheid van ’n eens "onmoontlike droom" lê vir die onvermoeide werkers van die Hentiesbaaise Sorgsentrum in sig. Nog net N$250 000 en die ganse projek kan voltooi word. Die eerste fase van die sorgsentrum is verlede jaar op 3 Augustus in gebruik geneem.

Dit het aan die sentrum vier kamers gebied waar veral hulpbehoewende bejaardes versorg kan word. Staatsfinansiering het die sorgsentrum gehelp om die eerste mylpaal te bereik. Blye nuus vir die sorgsentrum was toe nog staatshulp van N$152 000 teen die einde van verlede jaar aangekondig is.

Dit het gelei tot bouplanne vir nog drie kamers wat reeds by die munisipaliteit ingedien is. Die buitedop van die sorgsentrum sal ook met die beskikbare geld gebou kan word. Vir die afhandeling van die ganse projek is nog N$250 000 nodig.

Die sentrum word nou deur vier voltydse hulpverpleegsters bedien. Die res van die werk word deur vrywilligers gedoen. Mense wat hulle vir die sorgsentrum beywer, werk reeds volstoom om die laaste N$250 000 te bekom. Vrywilligers wat hulle wil aanmeld, kan met suster Joey Malan by sel. 081 244 9149 skakel.