
’n Skildery van Dries Vermeulen het vir die geldkoffers van die Lions op Hentiesbaai ’n bedrag van N$4 350 ingebring. Die skildery is deur Vermeulen aan die Lions geskenk en kon gewen word deur die koop van kaartjies vir ’n gelukstrekking. Die trekking is gedoen deur ds. Rudolf Smit en die wenner was mnr. Gunther Cramer. Op die foto is van links mnre. Trevor Schaefer ( die Lions se voorsitter van die sone), Dries Vermeulen, Gunther Cramer en sy vrou en burgemeester van die vakansiedorp, me. Gisela Cramer , en mnr. Cecil Koorts (president van Hentiesbaai se Lions.)